Joh 13:9 (NLV)
… Petrus vra Jesus … “Here, (was) dan nie net my VOETE nie, maar ook my hande en kop.”
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
a) Wie se voete sal jy met ‘n swaar hart was en hoekom? b) Wie se voete sal jy met blydskap was en Hoekom?
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKSE VIR VANDAG:
Joh 13:7 NLV
Jesus antwoord hom: “Wat Ek BESIG is om te doen, VERSTAAN jy nie nou nie, maar wanneer alles VERBY is, sal jy dit VERSTAAN.”
Joh 13:9 NLV
… Petrus vra Jesus …: “Here, (was) dan nie net my VOETE nie, maar ook my hande en kop.”
Lev 8:23 (83)
… Moses het …van die bloed aan Aäron se regteroorlel (kop), sy regterduim (hande) en regtergroottoon (VOETE) gesmeer.
Die was van voete was ‘n belangrike gebruik in die Antieke Tyd. Gewoonlik wanneer jy gaste oorgenooi het vir ete sou jy ‘n dienskneg gevra het om jou gaste se voete te was. Jesus het vir die dissipels gevra om alles te reel vir hulle laaste maal saam. In die fynste detail het Jesus die dissipels opdrag gegee hoe om alles reg te kry. Hy het hulle egter nie gevra om iemand te reel om voete te was nie.
Toe Petrus verstaan wat Jesus uitbeeld deur die dissipels se voete te was, vra hy Jesus om ook sy hande en ook sy kop te was. Jesus verduidelik vir Petrus dat Hy op hierdie stadium net eers die dissipels se voete was. Jesus weet dat ons ook ‘n reiniging van ons hande en kop nodig het. Hierdie reiniging word reeds deur die Vader gedoen wanneer ons ons lewe vir Hom gee. Die Vader is daagliks besig met hierdie reinigingsproses.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.