Jesus, Was My Voete, Hande en Kop – Deel 2:

 

Joh 13:9 (NLV)

… Petrus vra Jesus … “Here, (was) dan nie net my VOETE nie, maar ook my hande en kop.”

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal

 

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

  1. a) Kyk na jou hande. Waarvoor dink jy is jou hande gemaak? b) Kyk na jou voete. Waarvoor dink jy is jou voete gemaak?

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

  1. Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG:

 

Eks 4:2 (ABA) 

Toe sê die Here vir hom: “WAT is in jou HAND?” 

 

Gen 22:7 (NLV) 

Isak: “Ons het nou wel die hout en die vuur,” sê die seun, “maar WAAR is die lam vir die OFFERANDE?” 

 

Gen 22:8  (NLV) 

GOD sal VOORSIEN, my seun,” antwoord Abraham. So het die twee verder gestap (PRAAT in Geloof, STAP in geloof).

 

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

 

God vra partykeer baie interessante vrae aan die mensdom. God vra Moses wat in sy hande was. God kon sien dat Moses sy herderstaf in sy hande vas hou. Die vraag aan Moses het egter nie oor die staf gegaan nie. God het geweet dat die Herder se staf vir hom baie belangrik was. Dit het vir hom veilighjeid en sekeriteit besorg. Almal kon sien dat Moses ‘n herder was. Sy staf was sy identiteit. Sy staf was sy alles en het hom gedefinieer. God vra eintlik vir Moses om sy identiteit prys te gee en te doen wat Hy van hom verlang.

 

So moes Abraham ook doen wat God van hom gevra het. Sy stap met sy enigste seun na die berg was weereens nie net ‘n teken van voete wat vorentoe beweeg na ‘n eind bestemming nie, maar dit beeld die daad van geloof wat in Abraham se hart is uit. So vra God ons ook soms om te stap met skoene van geloof aan.

 

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Hoekom het God jou hande nodig en hoe gebruik Hy jou hande?
  • Hoekom het God jou voete nodig en hoe gebruik Hy jou voete?

 

  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

 

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 

WERKE en vrae:


As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

 

  1. Gesels met God oor jou eie voete, hande en kop wat gewas moet word.
  2. Wat moet jy in hierdie week met jou hande of voete doen?

.