Sundays from 8:30 · Boksburg and Benoni WnL Network Giving

Kalibreer Deel 5

Markus 4:23-24 (83)

“As iemand ore het en kan hoor, moet hy luister!”

Hy het ook vir hulle gesê: “Gee aandag aan wat julle hoor! Want met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word en daar sal vir julle nog toegevoeg word.

 

Konneksiegroep:

● Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.

● Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.

● Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal gebruik.

 

WELKOM

 

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

a) Het jy al ooit in koue en reën buite by ‘n warm vuur gesit? Vertel hoe daardie verwelkomende hitte gevoel het.

b) Soms doen mense moeite om iets goeds te doen (soos Paulus wat hout vir die vuur bymekaar gemaak het) en dan gebeur daar iets slegs as gevolg daarvan. Het jy so ‘n storie wat jy moet die groep wil deel?

 

WOORD

 

Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

Lees:

KERNTEKSE VIR VANDAG:

 

Kolossense 3:1-2:

Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie.

Levitikus 6:12-13:

Die vuur op die altaar word aan die brand gehou; dit mag nie doodgaan nie. Die priester pak elke môre hout op die vuur, lê die brandoffer daarop en verbrand op die altaar die vet van die maaltydoffers. Die vuur moet aanhou brand op die altaar; dit mag nie doodgaan nie.

Handelinge 28:3, 5:

Paulus het ’n klomp hout bymekaargemaak en op die vuur gegooi. Van die hitte het daar ’n slang uitgekom en hom aan sy hand gepik… Paulus het egter die slang in die vuur afgeskud en niks oorgekom nie.

2 Timoteus 1:6:

Dit is waarom ek jou daaraan herinner om die geestelike gawe, wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos ’n vuur aan te blaas.

 

Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

 

KALIBRASIE is die fyn instel van ‘n instrument volgens ‘n gegewe standaard sodat dit betroubare en akkurate metings kan gee.

 

Hierdie week kyk ons na die vuur in ons geestelike lewens. Ons God is ‘n verterende vuur. Net soos in Levitikus, is dit ons verantwoordelikheid om te verseker dat die geestelike vuur op die altaar van ons harte aan die brand gehou word en nie doodgaan nie. Ons moet die gawes wat God ons gegee het, aanblaas soos ‘n vuur.

 

Maar ons moet waaksaam wees, want soos ons ywerig word en “hout bymekaarmaak”, kan die hitte dinge uitdryf. In Handelinge sien ons hoe daar ‘n slang uit die hitte gekom het en Paulus aan sy hand gepik het terwyl hy hout op die vuur gegooi het. Hierdie slang is ‘n goeie vergelyking met die S.L.A.N.G. wat in ons lewens probeer pik:

 

S – Skinder,

L – Losbandigheid,

A – Aanstoot,

N – Negatiewiteit,

G – Gierigheid.

 

Wanneer hierdie dinge ons lewens binnekom, moet ons presies doen wat Paulus gedoen het: skud dit af in die vuur en laat dit jou nie beïnvloed nie.

 

Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:

a) Levitikus 6 moedig ons aan om die vuur op die altaar aan die brand te hou. Wat beteken dit prakties in vandag se lewe om elke dag “hout op die vuur” te pak sodat jou gees warm bly? Watter rol speel die gemeentebyeenkomste daarin om ons vuur warm te hou (Heb 10:25)?

b) Dink aan die elemente van die S.L.A.N.G. (Skinder, Losbandigheid, Aanstoot, Negatiewiteit, Gierigheid). Hoe hanteer jy dit wanneer een van hierdie dinge onverwags jou vrede probeer “pik”, en hoe kan die besluit om na dinge daarbo te strewe (Kol 3:1) ons help om hierdie dinge dadelik “af te skud”?

 

Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen was.

 

WERKE en vrae:

 

Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

 

Liefde vir God, Liefde vir Mense As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.

  • Ondersoek jou vuur: Is jou geestelike lewe op hierdie stadium slegs louwarm, of blaas jy die geestelike gawe binne-in jou aan soos ‘n brandende vuur? Wat moet jy doen om die vuur in jou hart nie te laat doodgaan nie?
  • Toets die bytmerke: Het enige aspekte van die S.L.A.N.G. (veral skinder, aanstoot of negatiwiteit) jou onlangs verhinder? Het jy toegelaat dat mense se verwagtinge van jou “val” (soos by Paulus) in jou kop inkruip, of het jy dit suksesvol in die vuur afgeskud?
  • Kalibreer jou ingesteldheid: Neem vandag die vaste besluit om jou gedagtes voluit te rig op die dinge wat daarbo is. Bely voor die Here dat jy deur Sy genade gaan volhard tot die einde toe sodat die egtheid van jou geloof sterker as getoetste goud anderkant kan uitkom.