Psalm 16:11 (83)
U leer my hoe om te LEWE. By U is daar oorvloedige BLYDSKAP. Uit u hand kom net wat MOOI is.
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKS VIR VANDAG:
PSALMS 16 (83)
Niks goeds nie behalwe by God
‘n Gedig van Dawid.
Neem my in beskerming, o God;
ek soek skuiling by U.
Ek het vir die Here gesê:
“Ek behoort aan U,
daar is vir my niks goeds nie behalwe by U.
Die afgode in die land, so aantreklik vir baie –
met hulle wil ek niks te doen hê nie.
Mag elkeen wat ‘n ander god vereer, baie smart beleef.
Vir afgode sal ek nie bloedoffers uitgiet nie,
hulle name sal ek nie op my lippe neem nie.”
Here, U is my lewe, U sorg vir my.
Wat ek ontvang, kom alles van U af.
‘n Pragtige deel is vir my afgemeet,
ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi.
Ek sal die Here loof wat my tot die regte insig gebring het;
selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy my leer.
Ek het die Here altyd by my:
omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie.
Daarom is ek bly en juig ek
en voel ek my veilig.
U gee my nie oor aan die dood nie.
U laat u troue dienaar nie in die graf kom nie.
U leer my hoe om te lewe.
By U is daar oorvloedige blydskap.
Uit u hand kom net wat mooi is.
Die woord HUIS het verskillende betekenisse vir verskillende mense. Die prentjie wat ons in in ons gedagtes sien wanneer ons die woord HUIS hoor is ‘n plek met vier mure, vensters, deure en ‘n dak bo-op. Tog is ‘n HUIS baie meer as net die prentjie wat ons in ons gedagtes sien. HUIS is waar ons Liefde, Aanvaarding en Beskerming ervaar. Ons HUIS is ook die plek waar ons veronderstel is om waarlik RUS te ervaar. Die KERK word baie vergelyk met die HUIS. Ons praat baie van ‘n GEESTELIKE TUISTE. Dieselfde waardes geld hier, die kerk moet ‘n plek van Liefde, Aanvaarding en Beskerming wees. ‘n HUIS waar ons God se RUS ervaar. Ons word uitgenooi om te kom RUS wanneer ons in die HUIS van GOD binnegaan. Dit is dalk die rede hoekom Dawid sê: “Ek was bly toe hulle vir my sê; kom ons gaan na die HUIS van die Here toe.”
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
ONBEPERK 24 – Binnekamer.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.