KOM HUISTOE – Deel 2

 

Psalm 16:11 (83)

U leer my hoe om te LEWE. By U is daar oorvloedige BLYDSKAP. Uit u hand kom net wat MOOI is.

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal
  • KYK na hierdie week sePREEK VIDEO”: Druk op hierdie skakel:

 

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

  1. a) Hoekom voel ons so ALLEEN wanneer ons van die Hemelse Vader weggaan? b) Hoe kan ons oor ons eie TROTS kom en terugkeer na die Vader?

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

  1. Lees: 

KERNTEKS VIR VANDAG:

 

Lukas 15:11-24 (DB)

Die Verlore Seun

Toe vertel Jesus nog ’n verhaal: “Eendag was daar ’n man met twee seuns. Die jongste seun kom toe op ’n dag by sy pa en sê vir hom: ‘Pa, ek wil nou dadelik my erfporsie hê. Ek wil nie wag tot Pa eers dood is nie.’

“Die pa het sy goed verdeel en vir elke seun sy erfporsie gegee. ’n Paar dae later het die jongste seun sy goed gevat en padgegee. Hy het in ’n ander land gaan bly. Daar het hy sy erfporsie uitgemors. Hy het die een wilde partytjie na die ander gehou en gedoen net wat sy hart begeer. Kort voor lank was al sy geld op. Toe breek daar ’n groot hongersnood in die land uit sodat die jongman niks gehad het om te eet nie. Hy het later gaan werk vir iemand wat in daardie land bly. Al werk wat hy vir die jongman gehad het, was om varke op te pas. Later was die arme man so honger dat hy selfs bereid was om die varke se kos te eet. Maar die eienaar het geweier. “Op ’n dag sit die jongman toe by homself en dink: ‘Wat vang ek aan met my lewe? Selfs my pa se slawe daar op sy plaas het ’n beter lewe as ek. Hulle het almal oorgenoeg kos om te eet, maar ek het nie eens ’n stukkie droë brood om my honger te stil nie. Hier sit ek en sterf van ellende! Vandag nog gaan ek terug na my pa se huis toe. Ek sal vir hom sê: Pa, ek het baie lelik met Pa gemaak. Ek het ook nie na God geluister nie. Ek verdien nie om langer Pa se seun te wees nie. Vat my asseblief terug as ’n doodgewone werker hier op Pa se plaas.’ “Die jongman het toe teruggegaan na sy pa se huis toe. Toe hy nog ’n hele ent van die huis af was, het sy pa hom herken. Hy was so bly dat hy dadelik na hom toe gehardloop het. Toe hy by sy seun kom, het hy hom omhels en hom gesoen van blydskap. “Toe sê die seun vir sy pa: ‘Pa, ek het baie lelik met Pa gemaak. Ek het ook nie na God geluister nie. Ek verdien nie om langer Pa se seun genoem te word nie.’ “Maar die pa het gou vir sy werkers gesê: ‘Gaan haal die beste stel klere in my kas en bring dit vir my seun. Vat ook ’n ring en ’n paar goeie skoene en gee dit vir hom. Ja, en gaan slag gou-gou daardie kalf wat ons lankal vetmaak vir ’n spesiale geleentheid. Vandag gaan daar feesgevier word. Ons gaan eet en lag en bly wees, want my seun is terug! Ek het gedink hy’s al dood, maar kyk, hy leef! Hy was weg, maar nou’s hy terug waar hy hoort: in sy pa se huis.’

 

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

 

Die verhaal van die Verlore Seun is ‘n HUISTOE KOM verhaal. Ons lees hoe die Seun weggegaan het van die huis en sy erfdeel uitgemors het. Hy het TOT HOMSELF GEKOM. Die beste ding wat met enige mens kan gebeur. Die besef dat sonder God ons eintlik eensaam en alleen is. Die seun besluit om terug HUISTOE te gaan. Hy het nie geweet wat om te verwag nie. By die huis gekom kry hy sy Vader wat hom in liefde verwelkom en sy KINDSKAP herstel. Die verhaal van die verlore seun praat ook met ons oor die volgende:

 

  1. Verbond – Die Verbond tussen God en Mens word herstel wanneer ons teruggaan Huistoe
  2. Identiteit – Ons Identiteit word herstel wanneer ons weer by die Huiskom.
  3. Outoriteit – God herstel weer Sy Outoriteit in ons lewens
  4. Doel – Ons ervaar weer God se doel wanneer ons Huistoe keer.

 

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Hoekom is TERUGGAAN HUISTOE so moeilik?
  • Hoe kan ons TOT ONSSELF KOM?

 

  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

 

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 

WERKE en vrae:

 

ONBEPERK 24 – Binnekamer.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

 

  1. Hoe kan jy in hierdie week tyd maak om God as jou Vader te belewe?
  2. Hoekom het jy nodig om in hierdie week by God die Vader te sit?