KOM HUISTOE – Deel 3
Psalm 16:11 (83)
U leer my hoe om te LEWE. By U is daar oorvloedige BLYDSKAP. Uit u hand kom net wat MOOI is.
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKS VIR VANDAG:
Sonder Jesus Christus is ons almal verlore en bly ons soekend.
Joh 14:1-2 (83)
Julle moet nie ONTSTELD wees nie. GLO in GOD; glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie WOONPLEK (vir Jou).
Joh 14:6 (83)
Jesus het … gesê: “Ek is die WEG en die WAARHEID en die LEWE. Niemand kom (huistoe) na die Vader toe behalwe deur MY nie.
Jesus het net voor Hy opgevaar het, vir die dissipels gesê dat Hy: “Vir hulle plek in Sy Vader se huis gaan voorberei”. Hierdie huis is ‘n huis waarheen ons almal oppad is. Om hierdie huis te bereik het ons Christus nodig, Hy is die weg na hierdie huis. Wanneer ek hier op aarde tot sterwe kom en ek in verhouding met Jesus geleef het, gaan ek myself na hierdie aardsewoning in die hemelsewoning bevind. Tog het Jesus ook ‘n huis hier op aarde vir ons geskep. Die kerk is gebore vanuit Christus se dood en opstanding. Baie mense praat oor die kerk as hulle Geestelike huis. Die kerk kan ‘n huis wees vir elke gelowige en ‘n toevlug oord vir elke soeker. Partykeer verlaat ons ons Geestelike huis, maar God wil graag hê dat ons altyd sal terug gaan na ons Geestelike huis. Wanneer jy wegdwaal weet dat jy ‘n huis het en dat Christus jou uitnooi om terug te kom.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
KOM HUISTOE
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.