Konneksiegroep
KOM HUISTOE – Deel 4
Psalm 16:11 (83)
U leer my hoe om te LEWE. By U is daar oorvloedige BLYDSKAP. Uit u hand kom net wat MOOI is.
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKS VIR VANDAG:
Gen 15:2 (53)
Toe vra Abram: Here Here , WAT sal U my GEE, aangesien ek sonder kinders heengaan …?
Gen 15:4 (53)
Toe kom die WOORD van die Here tot hom en sê: Hierdie een (MENSLIKE vermoë) sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een (BELOFTE) wat uit jou liggaam sal voortkom (bonatuurlik) hy sal jou ERFGENAAM wees.
Gen 15:5 (83)
Toe het die Here vir Abram BUITENTOE (menslike siening) laat gaan en vir hom gesê: “KYK OP na die hemel en tel die sterre as jy kan.” Verder sê die Here vir hom: “So baie sal jou nageslag wees.” (BONATUURLIK)
God neem vir Abraham na buite en vra hom om op te kyk na al die sterre in die lig. God gee ‘n droom (visie) vir Abraham: “Jou nageslag sal so baie soos die sterre wees”. Die enigste probleem is dat Abraham het geen kinders gehad nie, hoe kan hierdie belofte waar word? God is ‘n God wat wandel in die Bonatuurlike. Hy is nie vasgevang in Tyd en Ruimte nie. Hy wil vir Abraham leer hoe om in die Bonatuurlike te funksioneer.
“Ons huis is in die Bonatuurlike” Ons bly nie net hier in die nou en hede nie, maar ons bly ook in ‘n huis gebou in die Bonatuurlike. God nooi ons uit om Hom in alles te vertrou. Abraham moes in God glo en hy moes vertrou dat God die bonatuurlike gaan toelaat oor sy lewe. Alhoewel ons nie die belofte huidiglik sien nie, gaan God die belofte laat waar word. Ons woon in die hier en nou, maar ons woon ook in die Bonatuurlike, waar God in beheer is en waar Hy die onmoontlike moontlik maak.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
KOM HUISTOE
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.