Psalm 16:11 (83)
U leer my hoe om te LEWE. By U is daar oorvloedige BLYDSKAP. Uit u hand kom net wat MOOI is.
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKS VIR VANDAG:
Heb 3:12 (NLV)
Wees dan VERSIGTIG … Maak seker dat daar nie by enigeen van julle ’n verkeerde gesindheid van ONGELOOF posvat wat julle VERVREEM van die lewende God nie.
Heb 3:14 (NLV)
Want as ons enduit stewig bly VASHOU aan die VERTROUE op God waarmee ons oorspronklik begin het, het ons DEELGENOTE (erfgename) geword van ALLES wat aan Christus behoort.
Heb 3:15 (NLV)
… Vandag wanneer julle sy stem hoor, moet julle NIE julle harte VERHARD soos Israel gedoen het toe hulle gerebelleer het nie. (40 jaar in die woestyn)
Geloof kan ook ‘n tuiste wees. God nooi ons om ons huis in geloof te vestig. Ons kan ook ons huis op geloof bou. Die wyseman in die Bybel het sy huis op Christus en die geloof in Christus gebou en toe die storm van die lewe oor hom uitbreek en ‘n vloed veroorsaak het die wyseman se huis staande gebly. Hierdie verhaal is geskryf vir ons, ons moet ook ons huis op Christus en die geloof in Christus bou sodat ons huis sal staande bly ten spyte van die storms om ons.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
KOM HUISTOE
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.