Opbouende Woorde
1 Joh 4:19 (NLV)
Laat ons mekaar LIEFHÊ omdat Hy ons EERSTE liefgehad het.
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
a) Hoekom moet ons versigtig wees met ons woorde? b) Hoe het woorde al jou lewe positief of negatief beïnvloed?
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKSE VIR VANDAG:
Joh 13:35 (DB)
Hierdie liefde van julle moet as’t ware hard en duidelik ‘PRAAT’. Mense moet daarna kyk en sê: Kyk net, daar’s ’n VOLGELING van Jesus.
Spr 16:24 (DB)
Mooi WOORDE (opbouende woorde) is soos iets lekkers. Aangenaam om te eet. GOED vir die liggaam.
Spr 12:18 (DB)
Party mense maak ander graag seer. Hulle woorde is soos ’n skerp MES wat alles stukkend sny. ’n Gelowige se woorde BEMOEDIG ander en gee hulle moed vir die lewe.
Spr 12:19 (DB)
Mooi woorde verloor nooit hulle KRAG nie … (maar) Woorde wat nie OPREG is nie, beteken niks nie.
Woorde bou-op of breek-af. Daar is ‘n Engelse gesegte wat sê: “Sticks and stones will break my bones, but words will forever harm me.” Woorde maak baie seerder as fisiese mishandeling. Daarom praat die Bybel oor woorde en spesifiek hoe ons woorde moet gebruik om die mense om ons op te bou. Baie mense se Liefdestaal is opbouende woorde, jy kan dadelik sien wanneer iemand hierdie liefdestaal het. Die oomblik wat iets opbouends vir so persoon gesê word, kan jy sien hoe die persoon se hele gelaat verander en die persoon se hele gemoed word positief. Dieselfde kan ook gesien word wanneer negatiewe woorde oor die persoon gespreek word. Leer om altyd die mense om jou op te bou deur opbouende woorde te gebruik.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
KOM HUISTOE
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.