Koning van Harte – Deel 3:

Dade van Diensbaarheid

1 Joh 4:19 (NLV)

Laat ons mekaar LIEFHÊ omdat Hy ons EERSTE liefgehad het.

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal gebruik.

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

a) Hoekom is Diensbaarheid aan ander mense, met die liefdestaal van Diensbaarheid, so belangrik?                                                                                                                        b) Hoe kan jy mense wat Diensbaarheid as liefdestaal het beter Dien?

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

  1. Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG:

1 Pet 4:10 (NLV)

God het aan elkeen van julle ’n genadegawe gegee. Met hierdie gawes moet julle mekaar dien sodat God se ryk genade deur julle na mekaar toe kan vloei. 

Rom 12:7a (NLV)

As dit is om ander te dien, doen dit met oorgawe.

1 Sam 14:7 (83)

En sy wapendraer sê vir hom: “Net soos u wil. Ek is tot u diens.” Jonatan sê toe vir hom: “Nou toe, kom ons gaan in hulle rigting sodat hulle ons kan sien. 

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

Ons lees in 1 Sam 14 van Jonatan en sy wapendraer. Ons sien hoe hierdie wapendraer vir Jonatan dien. Hierdie wapendraer moes dien, dit was sy werk en funksie. Hy was aangestel om dit te doen en indien hy dit nie goedgenoeg doen nie, kon hy sy werk kwyt wees. Tog sien ons hoe hy vir Jonatan dien met totale oorgawe, uit sy hart uit en nie uit plig nie.

Baie mense naby ons se hoof liefdestaal is Dade van Diensbaarheid. Hulle ervaar liefde deur die diens wat ons lewer aan hulle. Dit gaan nooit oor ‘n ongesonde behoefte om altyd gedien te word nie. Dien vir hulle is selfs net iets kleins soos: Skottelgoed was, veral wanneer dit nie jou beurt is nie. Of, ‘n taak vir iemand anders verrig, wat die persoon self kan verrig, maar dit met liefde en oorgawe vir hierdie persoon doen.

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Hoe kan julle as groep die mense in julle groep, wie Dade van Diensbaarheid as liefdestaal het, beter bedien?
  • Hoe bedien ons God deur Dade van Diensbaarheid aan ander?
  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

WERKE en vrae:


As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

        1. Vra die Here om jou te wys wie jy moet dien hierdie week?
        2. Hoe kan jy hierdie persoon of persone beter bedien?