Koning van Harte – Deel 4:

Geskenke

1 Joh 4:19 (NLV)

Laat ons mekaar LIEFHÊ omdat Hy ons EERSTE liefgehad het.

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal gebruik.

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

a) Hoekom hou ons so baie van Geskenke gee en ontvang?                                                                                                                        b) Vertel van ‘n besonderse geskenk wat jy al ontvang het. Hoekom was hierdie geskenk vir jou so besonders?

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

  1. Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG:

Joh 3:16 (53)

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Rom 5:15 (NLV)

Tog is daar ’n ernstige verskil tussen ons sonde en God se genadegeskenk van vergifnis. Want die oortreding van hierdie een mens, Adam, het die dood van baie veroorsaak, maar die ander mens, Jesus Christus, het soveel meer gedoen: die genade van God, ja, sy genadegeskenk wat Hy deur Jesus Christus aan baie mense gee, oortref alles! 

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

As kind was Kersfees altyd ‘n wonderlike tyd. Daar word gekuier met familie en vriende, lekker geëet en gespeel met neefs en niggies. Maar die heel lekkerste van Kersfees was die geskenke. Kinders hou van geskenke ontvang, nie almal hou van geskenke gee nie, maar die ontvang is darem die lekkerste.

God het ook ‘n geskenk aan ons gegee. Hy gee baie geskenke vir ons. Die belangrikste geskenk aan ons was Sy Seun, wat moes lewe, sterwe en opstaan vir ons. Sonder hierdie geskenk kan die mensdom nie bevry word van die mag van die bose nie. Hierdie geskenk gee ons die voorreg om in die regte verhouding met God te kan lewe. Ons kry ook die reg om vir ewig saam met die Vader te kan lewe.

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • God gee ook vir ons geskenke uit liefde vir ons. Hoe lyk hierdie geskenke?
  • Wat dink jy dink jy is jou grootste geskenk wat jy aan die hemelse Vader kan gee?
  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

WERKE en vrae:


As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

        1. Vir wie moet jy hierdie week ‘n geskenk gee?
        2. Sê vir God dankie vir die geskenke wat Hy vir jou gee?