Sunday servicesSundays from 8:30 in Boksburg and BenoniBoksburg Afrikaans 8:30 · 17:00Boksburg English 8:30 · 10:30 · 17:00Benoni 8:30

Koning van Harte – Deel 5:

Fisiese Aanraking

1 Joh 4:19 (NLV)

Laat ons mekaar LIEFHÊ omdat Hy ons EERSTE liefgehad het.

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal gebruik.

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

a) Hoekom voel gesonde Aanraking so lekker?                                                                                                                        b) Hoe kan gesonde Fisiese Aanraking help met Emosionele en selfs Fisiese pyn?

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

  1. Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG:

Matt 8:3 (NLV)

Daarop steek Jesus sy hand na hom toe uit, RAAK hom aan en sê: “Ek wil dit vir jou doen. Word GESOND!” En dadelik het sy velsiekte verdwyn. 

Luk 13:11-13 (53)

… En daar was ‘n vrou wat ‘n GEES van krankheid agttien jaar lank gehad het, en sy was inmekaargetrek en glad nie in staat om REGOP te kom nie. En toe Jesus haar sien, roep Hy haar en sê: Vrou, jy is van jou krankheid VERLOS. En Hy het haar die HANDE opgelê, en onmiddellik het sy regop GESTAAN en God verheerlik. 

Mark 7:32-35 (NLV)

… ‘n dowe man met ’n spraakgebrek…en soebat Hom om sy HAND op die man te SIT om hom gesond te maak … Toe STEEK Hy sy vingers in die man se ore en smeer spoeg aan sy tong. Terwyl Hy … BEVEEL … “Gaan oop!” Oombliklik kon die man hoor en normaal praat! 

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

Ons lewe in ‘n era waar Fisiese Aanraking al hoe minder word. Families, vriende en mense om ons, dryf al hoe verder van mekaar af weg. Selfs in Jesus se tyd was aanraking ‘n probleem. Jesus het dus nie geskroom om mense aan te raak nie. Hy het gereeld Sy hande op mense geplaas en vir hulle gebid. Jesus het besef hoe belangrik dit is om mense aan te raak. Hier volg die antwoorde van ‘n studie oor Fisiese Aanraking:

Voordele van Fisiese aanraking https://thecarltoddclinic.com/insights/the-benefits-of-physical-touch-for-mental-health/  

  • Verhoog n gevoel van vrede en veiligheid.
  • Bevorder beter slaapkwaliteit.
  • Verbeter immuunfunksie.
  • Verbeter bloeddruk en hartfinksie.
  • Verbeter algehele gevoel van vreugde en geluk.
  • Verhoog die gevoel van vertroue en konneksie in verhoudings.
  • Vier drukkies per dag is ‘n teenmiddel vir depressie, 
  • Agt drukkies per dag sal geestelike stabiliteit bevorder  
  • Twaalf drukkies per dag sal werklike sielkundige groei bevorder
  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Hoekom is dit nodig om die mense om ons met Fisiese Aanraking te bedien?
  • Hoe kan ons Fisiese Aanraking op ‘n gesonde manier gebruik om die mense om ons te bedien?
  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

WERKE en vrae:


As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

        1. Hoe kan jy in hierdie week tyd maak om die Vader se Aanraking te ervaar?
        2. Wie moet jy hierdie week bedien met gesonde Aanraking?