Kyk Op In Afhanklikheid

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

  1. a) Gesels oor ‘n negatiewe situasie wat vir jou so groot was dat die situasie soos ‘n groot berg gevoel het, wat het gebeur?
  2. b) Gesels oor ‘n tyd toe jy Afhanklik van God se hulp was?

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

  1. Lees: 

KERNTEKS VIR VANDAG:

 

PSALMS 121:1-8

Die Here is my beskermer

’n Pelgrimslied.

 

Ek kyk op na die berge.

Kom my hulp daarvandaan?

Nee, my hulp kom

van die Here,

wat hemel en aarde

gemaak het.

Hy laat jou voet

nie struikel nie;

Hy wat waak oor jou,

slaap nie.

Hy wat oor Israel waak,

sal nooit sluimer

of slaap nie.

Die Here waak self oor jou.

Die Here is jou beskermer

aan jou regterkant.

Die son sal jou bedags

nie aantas nie,

nog minder die maan

in die nag.

Die Here bewaar jou

van alle kwaad

en Hy beskerm jou lewe.

Die Here hou wag oor jou,

of jy kom of gaan,

nou en vir altyd.

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

Psalm 121:1-8 Leer ons om Op te Kyk in Afhanklikheid. Ons kyk na ons omstandighede, maar ons leer om verby ons omstandighede te kyk en die oorwinning te sien. In hierdie Pelgrimslied leer die Psalm ons om die berg wat voor ons is raak te sien nie. Ons kan nie soos ‘n Volstruis maak en ons kop in die sand steek wanneer probleme ons pad langs kom nie. Ons moet ons probleme in die gesig staar. Kennis neem van hulle. Selfs die probleme name gee. Wanneer die Israeliete op ‘n Pelgrimstog een keer per jaar gegaan het, het hulle probleme gekry op hulle tog. Veral berge wat oorkom moes word. Daar was nie paaie of tonnels gewees nie. Hulle moes te voet oor die probleem kom. 

In hierdie Psalm leer ons egter dat wanneer ons verby die berg kyk, ons Op Kyk en wanneer ons die groot hemel sien, besef ons dat hierdie probleme klein in vergelyking met God se voorsiening is.

Ons is elke dag Afhanklik van God. Ons kan nie deur die lewe met al sy probleme gaan sonder God nie. Ons oorwinning kom van Hom.

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Hoekom leer die Psalm ons om verby die berg te kyk?
  • Hoekom bring Afhanklikheid Oorwinning?

 

  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 

WERKE en vrae:

ONBEPERK 24 – Binnekamer.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

  1. Dink aan ‘n Probleem (Berg) wat jy hierdie jaar moes oorkom. Hoe het jy die oorwinning gekry?
  2. Dank die Here dat jou Afhanklikheid van Hom jou Oorwinning bewerk het.