Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKS VIR VANDAG:
Fil 3:13 (83)
Broers, ek VERBEEL my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding DOEN ek: ek maak my LOS van wat agter is en STREK my uit na wat voor is.
Heb 11:1 (NLV)
Wat is GELOOF dan? Dit is ’n VASTE versekering dat die dinge waarna ons UITSIEN (uitkyk), inderdaad sal gebeur. Dit is die BEWYS dat God die dinge wat ons nog nie kan sien nie, waar sal maak.
Vorentoe kyk kan nie sonder Geloof gebeur nie. Niemand weet wat die toekoms inhou nie. Tog as kind van God weet ons dat Hy in beheer is van die toekoms. God is in ons verlede, hede en ons toekoms. Ons hoef nie bang of bekommerd te wees oor die toekoms nie. God staan buite tyd en ruimte en Hy sien alles wat in ons verlede, hede asook ons toekoms plaasvind. Ons kan na Hom toe gaan met ons drome en begeertes vir die nuwe jaar.
Fil 3:13 leer ons dat dit belangrik is om te: “Los wat Agter is”. Dit is dieselfde as om oor ‘n hangbrug te loop. Met een hand hou ons agter ons vas en met ‘n ander voor ons. Om vorentoe te beweeg moet die hand wat agter is losgemaak word en vorentoe beweeg, hierdie hand is nou voor die ander hand wat eers voor was. Nou beweeg die hand wat voor was na agter en so hou ons aan totdat ons oor die brug beweeg het.
Ons sit ook al ons geloof en vertroue in hierdie hangbrug en kyk in opgewondenheid na die anderkant, So kan ons ook na die lewe kyk. Om vorentoe te beweeg moet ons los wat agter is. Ons moet ook al ons geloof in God plaas, op Hom vertrou en weet dat dit Hy is wat ons in die lug hou en ons help om aan die ander kant te kom.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
ONBEPERK 24 – Binnekamer.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.