Onbeperkte 24 – LUISTER – Deel 1

PSALM 29.

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal
  • KYK na hierdie week sePODGOOI VIDEO”: Druk op hierdie skakel:

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

  1. a) Hoe kan ons God se stem in ‘n STORM hoor?
  2. b) Hoe kan ons God se stem in die STILTE hoor?

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

  1. Lees: 

KERNTEKS VIR VANDAG:

 

Psalms 29 (DB)– Die stem van die Here in die Storm – Deur Dawid

Eer God, eer Hom, elkeen wat bo in die hemel is.

Kyk net hoe belangrik is Hy; kyk na sy krag en maak Hom groot.

Vertel vir almal hoe belangrik Hy is.

Val dan self in aanbidding neer in sy oorweldigende teenwoordigheid.

’n Mens ervaar die teenwoordigheid van die grote God

bo die geruis van die magtige see.

Sy stem is soos die donder wat daar slaan. Hy heers oor alle magte.

As Hy praat, gebeur dit net so … Wie kan dan teëpraat?

Dis die Koning wat daar praat!

As die Here praat, is dit soos weerlig wat bome van bo tot onder oopkloof;

ja, as Hy praat, laat die dreuning die grootste berge soos jong bokkies rondhuppel.

As Hy iets sê, is dit soos die weerlig wat slaan. 8Sy stem laat die verste woestyne bewe.

As Hy praat, skud die groot bome. Sy stem stroop die bosse kaal.

In sy oorweldigende teenwoordigheid kan ’n mens net uitroep:

“Alle eer behoort aan God alleen!”

Die Here regeer oor die geruis van die magtige see, want Hy is koning oor alles.

Dit is hierdie Here wat sy volk sterk maak.

Dit is hierdie Here wat sy volk omvou met alles wat nodig is.

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

God wil met ons praat. In Psalm 29 sien ons dat God selfs tydens die storms in die lewe met ons wil praat. Hy praat veral met ons tydens storms. Die probleem is nie dat God nie praat nie, dit is dat ons nie luister nie. Ons ore is toe vir Sy stem in ons lewens. In hierdie volgende paar weke wil ons gesels oor hoe om te luister na God se stem en hoe om Sy stem meer te hoor in ons lewens. Die volgende is baie belangrik om te weet:

God Spreek – Gen 1:              God praat en wat Hy sê gebeur. Laat toe dat Hy met jou praat.

Luister Israel – Deut 6:4:       Ons moet leer om te luister na God se stem.

Luister as “Missio Dei” (Heilige Missie):       Maak luister deel van jou dag.

Maak vandag tyd om na die Vader se stem te luister vandag.

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Hoe kan ons LUISTER ons “MISSIO DEI” (Heilige Missie) elke dag maak?
  • Wat kan ons doen om God se stem beter te kan hoor?

 

  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 

WERKE en vrae:

ONBEPERK 24 – Binnekamer.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

  1. Wat wil die Here vir jou sê?
  2. Wat kan jy hierdie week doen om meer na God te luister?