ROM 10:17-18.
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKS VIR VANDAG:
Rom 10:17-18
Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.
Maar ek sê: Het hulle miskien nie gehoor nie?
God wil met ons praat. Rom 10:17-18 Leer ons dat deur te luister na die woord van God, ons geloof in God en in Sy werkinge hier op aarde bevestig en gestig word. Die Bybel is soos ‘n spieël, wanneer ons in die Bybel kyl sien ons God se gesig na ons terug kyk. Ons sien nie ons eie tekort nie. Ons sien nie ons eie swakhede nie. Ons sien God se groot krag en mag in en om ons. Wanneer ons “HOOR” wat die Bybel vir ons sê, word ons geloof sterker.
Die volgende is baie belangrik om te weet:
God Spreek – Gen 1: God praat en wat Hy sê gebeur. Laat toe dat Hy met jou praat deur Sy woord, die Bybel.
Luister Israel – Deut 6:4: Ons moet leer om te luister na God se stem. Veral Sy stem in die Bybel.
Luister as “Missio Dei” (Heilige Missie): Maak luister deel van jou dag.
Maak vandag tyd om na die Vader se stem te luister deur meer Sy Woord te lees.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
ONBEPERK 24 – Binnekamer.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.