Onbeperkte 24 – LUISTER – Deel 3

1 SAMUEL 3:7-9

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal
  • KYK na hierdie week sePREEK VIDEO”: Druk op hierdie skakel:

 

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

  1. a) Het iemand al met jou gepraat en terwyl die persoon praat is dit asof jy God hoor met jou praat?
  2. b) Het jy al met iemand gepraat en ervaar dat die woorde wat jy nou spreek nie jou eie woorde is nie?

 

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

  1. Lees: 

KERNTEKS VIR VANDAG:

 

1 Sam 3:7-8 (53)

Maar Samuel het die Here nog nie geken nie; ook was die woord van die Here nog nie aan hom geopenbaar nie. 

 

… die Here het Samuel weer geroep vir die derde maal … Toe merk Eli dat die Here die seun geroep het. 

 

1 Sam 3:9 (NLV)

Daarom sê hy vir Samuel: Gaan … en as (HY) weer na jou roep, sê dan: “Ja, Here , u dienaar luister ”.

 

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

 

God wil met ons praat. In 1 Samuel 3 lees ons van die seun Samuel wat gaan slaap het. Hy word wakker met die stem van iemand wat hom roep. Hy het gedink dit is die priester, Eli, wat hom roep. Twee keer gaan hy na Eli toe om net te hoor dat dit nie Eli is wat met hom praat nie. Die derde keer toe hy weer met Eli gaan praat verduidelik Eli vir Samuel dat dit God is wat met Samuel wil praat en Eli leer Samuel hoe om na God se stem te luister. God gebruik Eli om Samuel te leer hoe om na Sy stem te luister. Net soos Eli gebruik God ook die mense om ons om deur hulle met ons te praat 

 

Die volgende is baie belangrik om te weet:

 

God Spreek – Gen 1:              God praat en wat Hy sê gebeur. Laat toe dat Hy met jou praat deur die stem van die mense om jou.

 

Luister Israel – Deut 6:4:       Ons moet leer om te luister na God se stem. Veral Sy stem wat deur die mense om ons na ons toe kom.

 

Luister as “Missio Dei” (Heilige Missie):       Maak luister deel van jou dag.

 

Maak vandag tyd om na die Vader se stem te luister deur te luister na die mense om jou.

     

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Hoe kan ons LUISTER na God se stem deur te luister na die mense om ons.
  • Hoe kan ons LUISTER na die mense rondom ons ons “MISSIO DEI” (Heilige Missie) elke dag maak?

 

  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

 

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 

WERKE en vrae:

 

ONBEPERK 24 – Binnekamer.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

 

  1. Wat wil die Here vir jou deur DIE MENSE OM JOU sê?
  2. Wat kan jy hierdie week doen om meer na God se stem deur die mense om jou te luister?