1 KONINGS 19:2-8
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
Jou fokus (bewustheid) word jou realiteit.
Het jy al gefokus op ‘n situasie wat dalk nog nie bestaan het nie en gesien hoe hierdie situasie ‘n werklikheid word? Wat het gebeur?
Verander jou fokus (bewustheid).
Het jy al ‘n situasie beleef en gesien hoe die situasie dalk nie positief gaan uitdraai nie, maar toe jy jou fokus verander oor die situasie het die situasie in ‘n positiewe uitslag verander? Wat het gebeur?
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKS VIR VANDAG:
1 Kon 19:2-5 (NLV)
Toe stuur Isebel vir Elia ’n boodskap: “Mag … ek … teen môre hierdie tyd jou lewe neem soos jy met die profete gemaak het nie.”
Elia het baie bang geword en vir sy lewe gevlug … Hy het toe onder ’n besembos gaan sit en gewens dat hy liewer maar moet sterf. “Ek het nou genoeg gehad, Here,” het hy gesê. “Neem nou maar my lewe, want ek is niks beter as …”
Hy het gaan lê en onder die besembos … Maar ’n engel het hom wakker geskud en vir hom gesê: “Staan op en eet!”
1 Kon 19:7 (NLV)
Die engel het weer gekom, aan hom geskud en gesê: “Staan op en eet weer, anders sal die pad vir jou te lank wees.”
1 Kon 19:8 (53)
Hy het toe opgestaan en geëet en gedrink en deur die krag van die voedsel veertig dae en veertig nagte lank geloop tot by die berg van God …
God wil met ons praat. In 1 Kon 19:2-8 lees ons dat God met Elia praat deur ‘n Engel. Elia word bewus van God se teenwoordigheid en hierdie teenwoordigheid versterk hom vir dit wat hy moet gaan doen. God het voorsien in sy fisiese behoefte na voedsel, maar Hy het ook voorsien in sy toekoms vooruitsiening. God het Elia se fokus verander. Elia wou sterf, maar na sy ontmoeting met God het hy weer ‘n toekomsverwagting en droom. God wil ook so ons fokus verander van die huidige situasie en ons weer hoop gee vir ‘n voorspoedige toekoms. Ons kan eers hierdie vooruitsiening kry wanneer ons tyd met God spandeer en ons opnuut bewus word van Sy teenwoordigheid.
Die volgende is baie belangrik om te weet:
God Spreek – Gen 1: Net soos God in Gen 1 met die aarde gepraat het, net so praat Hy met ons vandag. Net soos Hy die fokus van die aarde verander het van ‘n planeet wat woes en leeg was, net so wil Hy ons situasie verander van negatief na positief.
Luister Israel – Deut 6:4: Ons moet leer om te luister na God se stem, ons fokus te skuif na wat Hy vir ons in elke situasie wil doen en ons moet weer opnuut bewus word van Sy teenwoordigheid.
Luister as “Missio Dei” (Heilige Missie): Maak luister deel van jou dag.
Maak vandag tyd om na die Vader se stem te luister deur bewus te word van Sy teenwoordigheid in en rondom jou.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
ONBEPERK 24 – Binnekamer.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.