Onbeperkte 24 – LUISTER – Deel 6

God se stem, ons GPS

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal
  • KYK na hierdie week sePREEK VIDEO”: Druk op hierdie skakel:

 

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

  1. a) Hoekom luister ons na ‘n GPS? Wat gebeur as jy nie luister nie? b) Vertel van ‘n keer toe jou GPS jou na die verkeerde destinasie geneem het.

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

  1. Lees: 

KERNTEKS VIR VANDAG:

 

Joh 10:27 (NLV)

My skape luister na my stem; Ek ken hulle en hulle volg My.

           

G – Goeie Herder

            P – Posisioneer

            S – Standvastig

 

G – Goeie Herder

 

 

Joh 10:14 (NLV)

Ek is die Goeie Herder. Ek ken my skape en hulle herken My, 

 

P – Posisioneer

 

Matt 7:24-25 (53)

Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het. En die …..winde….. teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.

 

S – Standvastig

 

1 Kor 15:58 (83)

Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie.

 

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

 

God wil met ons praat. Net soos ‘n GPS, so is God se stem ook vir ons. Sy stem lei ons op die regte pad. Die pad van die lewe. Ons moet leer om na Sy stem te luister. ‘n GPS het wel die vermoë om ons op die verkeerde pad te neem, maar God se stem lei ons in die regte rigting en ons kan Sy stem glo en vertrou.

 

Die volgende is baie belangrik om te weet:

 

God Spreek – Gen 1:              Net soos God in Gen 1 met die aarde gepraat het, net so praat Hy met ons vandag. Sy stem skep lewe en orde in ons lewens. Sy stem gee rigting en hoop.

 

Luister Israel – Deut 6:4:       Ons moet leer om te luister na God se stem. Ons kan God se stem glo en Sy stem vertrou.

 

Luister as “Missio Dei” (Heilige Missie):       Maak luister deel van jou dag.

 

Maak vandag tyd om na die Vader se stem te luister. Laat toe dat Hy met jou praat oor die pad wat jy besig is om te wandel.

 

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Hoe kan ons seker wees dat ons na die REGTE STEM luister?
  • Hoe kan ons die hoor van God se stem vir ons lewenspad ons “MISSIO DEI” (Heilige Missie) elke dag maak?

 

  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

 

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 

WERKE en vrae:

 

ONBEPERK 24 – Binnekamer.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

 

  1. Hoe kan jy God se STEM hoor?
  2. Hoe kan jy meer bewus word van God se teenwoordigheid?