1 KONINGS 19:11-15
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKS VIR VANDAG:
1 Kon 19:11-15 (DB)
“Gaan buitentoe,” het die Here gesê, “en gaan staan op die berg voor die Here.”
Toe het ’n geweldige sterk wind gewaai wat die berge geskeur en al die rotse uitmekaargebreek het. Die Here was egter nie in die wind nie. Na die wind was daar skielik ’n groot aardbewing, maar die Here was ook nie in die aardbewing nie. Net na die aardbewing was daar ’n verskriklike vuur, maar die Here was ook nie in die vuur nie. Na die vuur was daar ’n groot stilte en iets soos ’n stem wat fluister. Toe Elia dit hoor, het hy sy kleed om sy gesig gedraai en in die ingang van die spelonk gaan staan. ’n Stem het hom gevra: “Elia, wat maak jy hier?” Hy het geantwoord: “Here, U ken my. My hele lewe lank dien ek met groot ywer nog net vir U. Israel het egter die rug vir U gedraai. Hulle het die altare waar U aanbid word, vernietig en al u profete vermoor. Nog net ek het oorgebly en nou soek hulle my lewe ook. Dit is waarom ek besluit het om te vlug.” “Gaan terug,” het die Here vir Elia gesê.
God wil met ons praat. In 1 Kon 19:11-15 lees ons dat God met Elia praat deur ‘n stil fluister. Eers was daar ‘n ruk wind, ‘n aardbewing en selfs vuur, maar God kies om met Elia deur ‘n sagte fluister te praat. Party keer is dit nodig dat God ook so met ons praat, tydens ‘n sagter fluister. God vra vir Elia: “Wat maak jy hier?” Party keer het ons ook nodig om God se vraag aan Elia te hoor. Ons het nodig om by God te hoor hoekom ons hier is. God begin met Elia praat en sê vir hom wat hy moet doen. So wil God ook met ons praat en vir ons vertel wat Hy wil doen.
Die volgende is baie belangrik om te weet:
God Spreek – Gen 1: God se Gees het eers oor die aarde gesweef voordat Hy met die aarde gepraat het. Laat toe dat God se Gees oor jou lewe sweef en laat toe dat God met jou praat.
Luister Israel – Deut 6:4: Ons moet leer om te luister na God se stem. Veral Sy stem tydens en na die Stilte.
Luister as “Missio Dei” (Heilige Missie): Maak luister deel van jou dag.
Maak vandag tyd om na die Vader se stem te luister deur Stil te word.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
ONBEPERK 24 – Binnekamer.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.