Nuwe Hart-Liefde vir Ander
Welkom:
Nadat almal lekker koffie gedrink en gesels het; -Verwelkom almal
-Gebruik ‘n toepaslike Ysbreker
Woord:
1. Gebed:
Open met gebed.
2. Lees:
2 Petrus 4:8 “Daar is niks so belangrik as dat julle mekaar liefhet asof julle eie lewe daarvan afhang nie. Die liefde sien ander se foute oor en gaan nie daaroor te kere nie.”
Johannes 15:12-14 “Ek wil hê dat julle mekaar moet liefhê, net soos Ek julle liefhet. En hierdie liefde is nie net iets oppervlakkigs nie. As jy regtig jou liefde wil ‘toets’, toets dit hieraan: liefde beteken om bereid te wees om doodgemaak te word ter wille van jou vriende, net omdat hulle jou vriende is. Julle is my vriende; julle almal wat leef soos Ek van julle verwag
3. Gesels: Gesels oor die 5 Liefdestale en kyk of julle mekaar se tale kan ontdek
Aanraking-Touch
Opbouende Woorde-Words of Affirmation
Dade-Acts of Service
Tyd-Quality Time
Geskenke-Gifts
Worship-Aanbidding:
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die Aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae:
Dink aan maniere om God se liefde aan die mense om jou te wys.