Nuwe Hart – Eer Ander
Deur ander te eer, volg ek in Jesus se voetspore.
Welkom
Nadat almal lekker koffie gedrink en gesels het;
Woord
Lees:
Ese. 36:26-27 NLV “Ek gee julle ’n nuwe hart met die regte begeertes en ’n nuwe gees. Ek vat die ou hart van sonde weg en gee julle ’n nuwe, gehoorsame hart. En Ek gee my Gees in julle sodat julle my voorskrifte sal gehoorsaam en doen wat Ek beveel.”
Romans 12:10 “Love one another deeply as brothers and sisters. Outdo one another in showing honour.”
Ons leer in Spreuke die volgende: Spr. 15:33 NLV “Om respek vir die Here te hê, leer ’n mens wysheid. Nederigheid kom eerste, daarna volg eer.”
Een van die waardes van die Eerste Kerk was eerbetoning aan mekaar. Die een was nie beter as die ander nie, almal was volgelinge van Christus, tog het die eerste Christene aan mekaar respek en eer betoon. Ook het hulle eer aan die regering van die tyd en die mense om hulle betoon. Baie mense het volgelinge geword omdat hulle gesien het hoe die eerste Christene mekaar, die regering, die kerk en die mense om hulle eer. Gesels oor die volgende vrae:
Worship-Aanbidding
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die Aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.
Werke en vrae
Wat kan elke lid van die groep doen om eer aan mekaar te gee? Hoe kan elke lid van die groep die mense om hulle eerbiedig?
© 2023 All Rights Reserved Word and Life Church