Ware Liefde – Deel 3

 

“Gaan deur, gaan deur die poorte (BEPERKINGS); berei die weg van die volk; gooi op, gooi die grootpad op; haal die klippe uit; LIG ‘n STANDAARD vir die mense op.” Jes 62:10 (CAB23)

 

Familiegroep:

 

  1. Ysbreker: Wie het jou dag gelukkig gemaak? Wat het hierdie persoon gedoen?

 

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

  1. Lees: 

Verafsku (HAAT) wat sleg is en hou VAS aan wat goed is. Rom 12:9 (Week 1)

Julle moet waarlik LIEF wees vir mekaar … Julle BEHOORT aan Christus en aan mekaar (VERBOND) – Rom 12:9-10 (ABA) (Week 2)

Ons Kerntekse vir Vandag:

  1. a) … Julle moet EERSTE wees om ANDER mense te RESPEKTEER. – Rom 12:10 (ABA)
  2. … Behandel mekaar met GROOT RESPEK en agting. – Rom 12:10 (DB)

 

  1. Gesels in jou Familiegroep oor die volgende:

Elkeen van ons kry respek wanneer ons leer om respek vir ander te gee. Ek kan nie verwag dat mense my moet respekteer indien ek nie ander mense respekteer nie. Maak ‘n besluit in julle familie dat julle mekaar altyd sal respekteer. Respek en Vergifnis gaan hand-aan-hand. Wanneer jy iemand in die familie dalk seergemaak het met woorde of dade, gaan en vra vir die familielid om jou te vergewe. Vra dan vir Jesus om jou te help om nie weer daardie familielid met dieselfde woorde of dade seer te maak nie.

 

Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:

  • Hoekom het jy respek vir elke familielid? Vertel elke familielid hoekom jy respek vir hom/haar het.
  • Indien jy nodig het om een van jou familielede te vra om jou te vergewe, kan jy dalk nou hierdie lid vra om jou te vergewe?

 

Gebruik nou Nagmaal saam as gesin:

  • Gesels oor Christus en hoe Hy ons vergewe elke dag.