“Gaan deur, gaan deur die poorte (BEPERKINGS); berei die weg van die volk; gooi op, gooi die grootpad op; haal die klippe uit; LIG ‘n STANDAARD vir die mense op.” Jes 62:10 (CAB23)
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Wat het jou vandag OPGEWONDE gemaak? Vertel meer oor die situasie, persoon of die gebeurtenis wat jou opgewonde gemaak het.
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKS VIR VANDAG:
Moenie sleepvoet wees in julle toewyding nie; wees entoesiasties… Rom 12:11 (NLV) (Week 4)
Christus het homself as offer vir die Vader en ook vir elkeen van ons gegee. Hy vra dat ons ook onsself so as offer vir die Vader en die mense om ons moet gee. Paulus vra in die geleeste skrif dat ons nie ons Toewyding aan die Vader en die mense om as Sleepvoets moet doen nie. (Halfhartig, sonder om dit regtig te bedoel). Wat beteken Toewyding? Die Nuwe Testament Kerk het geglo dat elke mens ‘n Toegewyde lewe moes leef. Jou lewe is “Eenkant” gesit net vir God. Hulle het ook geglo dat jy nie Toegewyd en “Halfhartig” kan lewe nie. Toewyding beteken om jouself te gee, jouself te gee deur met die mense om jou te gesels oor die Vader en Sy seun Jesus en Hulle liefde vir almal op aarde.
Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
ONBEPERK 24 – Ware Liefde.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.
Gebruik die woorde: “WARE LIEFDE” as jou vertrek punt.