“Gaan deur, gaan deur die poorte (BEPERKINGS); berei die weg van die volk; gooi op, gooi die grootpad op; haal die klippe uit; LIG ‘n STANDAARD vir die mense op.” Jes 62:10 (CAB23)
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Deel ‘n STORIE uit jou eie lewe: Gesels oor ‘n moeilike tydperk in jou lewe en hoe jy hierdie TYDPERK hanteer het.
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKS VIR VANDAG:
“verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking (swaarkry); volhard in die gebed.” Rom 12:12 (53) (Week 5)
In Matteus 26:42 kry ons Jesus besig om te BID in die tuin van Getsemane. Hy besef dat alles wat vir Hom voorlê hom baie pyn, swaarkry en hartseer gaan veroorsaak. Selfs Jesus, die seun van God, word nie van PYN of SWAARKRY vrygestel nie. Ons gaan ook soms deur VERDRUKKING en SWAARKRY. Jesus het egter vir ons gewys hoe ons te werk moet gaan met swaarkry. Ons moet in GEBED na die Vader gaan en dit voor Hom bring. Ons moet geduldig wees in die HOOP met die wete dat ons nooit alleen deur SWAARKRY gaan nie. Die Vader was met Jesus en Hy sal met ons ook wees. Hy verwerp ons nie tydens SWAARKRY nie. Dus juis hier waar ons Sy nabyheid en liefde ervaar. Wanneer ons VOLHARD in GEBED, GEDULDIG in HOOP en vertroue op Hom wag tydens ons SWAARKRY, sal ons ervaar dat SWAARKRY nie so finaal en uitdagend is nie.
Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
ONBEPERK 24 – Ware Liefde.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.
Gebruik die woorde: “WARE LIEFDE” as jou vertrek punt.