Onbeperkte Lewe – Deel 3
Joh 10:10 (53)
“Die dief kom net om te steel en te slag en te VERWOES. Ek het gekom, dat hulle LEWE en OORVLOED kan hê.”
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKS VIR VANDAG:
Joh 12:12-13
Die volgende dag het ‘n groot menigte feesgangers, toe hulle hoor dat Jesus na Jerusalem kom, palmtakke geneem en uitgegaan Hom tegemoet en geroep: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here, die Koning van Israel. Jesus het ’n donkievul gekry en daarop gaan sit soos dit geskryf staan:
Jesus kom die stad Jerusalem binne en Hy ry op die rug van ‘n donkie.
Ons lees egter dat Hy huil oor die stad en sy mense:
Sy STERWE gee LEWE vir almal wat in Hom glo bring. Ware lewe, ‘n Onbeperkte, Oorvloedige Lewe kry ons slegs deur die regte keuses te maak. Die mense in Jerusalem het ‘n keuse om te maak. Hulle word ook met Joh 10:10 gekonfronteer en moet ‘n besluit maak:
Joh 10:10 (a) “Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes”
Die duiwel gebruik hierdie geleentheid om mense te inspireer om te vra vir Jesus se kruisiging. Ons weet dat Jesus Sy hemelse Vader VERTEENWOORDIG het hier op die aarde. Die duiwel verblind egter sommige mense se oë en hulle sien nie God se TEENWOORDIGHEID nie. So is die duiwel ook vandag nog besig om mense te bedrieg en kies mense vandag nog om nie Jesus te volg nie. Ons moet ook elke dag KIES: Ons kan toelaat dat die duiwel ons verblind, of ons kan ons oë op Jesus vestig.
Joh 10:10 (b) “Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.”
Christus se sterwe en opstandig bring vir ons Ware, Onbeperkte, Oorvloedige Lewe. Baie mense in Jerusalem het gekies om in Jesus te glo en hulle het WARE LEWE ervaar. Wanneer ons Jesus kies, kies ons die LEWE. Ons moet daagliks kies om in Sy TEENWOORDIGHEID te lewe. Die wonderlike, goeie nuus is egter dat Jesus ons reeds GEKIES het. Hy het ons gekies hier by die stad Jerusalem. Hy het gekies om die stad binne te gaan. Hy het gekies om gemartel te word. Hy het gekies om te sterwe vir ons. Die vraag is nou vir jou: “Gaan jy vir Jesus kies? Gaan jy LEWE kies?
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
ONBEPERK 24 – Onbeperkte Lewe.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.
Gebruik die woorde: “ONBEPERKTE LEWE” as jou vertrek punt.
2. Vir wie moet jy hierdie week bid?