Onbeperkte 24 – BINNEKAMER - Deel 1 Psalm 150.

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal
  • KYK na hierdie week sePODGOOI VIDEO”: Druk op hierdie skakel:

 

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

  1. a) Hoe kan ons die Here Prys?
  2. b) Hoekom is dit so belangrik om tyd te maak om die Here te Loof en te Aanbid?

 

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

  1. Lees: 

KERNTEKS VIR VANDAG:

 

Psalms 150

Kom prys die Here.

Prys God. Aanbid Hom in sy woonplek op aarde, want Hy is heilig. Loof Hom.

Hy is so groot, die wye hemelruim is net ’n stukkie van sy blyplek.

Prys Hom omdat Hy so sterk is.

Loof Hom, want sy grootheid kan jy op geen manier meet nie.

Prys Hom met alle musiekinstrumente.

Loof Hom met trompette, kitare en viole.

Prys Hom met ’n instrument of deur te sing en te dans.

Loof Hom deur snare te tokkel en ’n fluit te blaas.

Simbale se klanke roep lof aan die Here uit. Loof Hom deur die suiwer klanke.

Elkeen wat asemhaal, luister nou: Loof die Here.

Kom prys die Here!

 

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

 

Ons is gemaak om die Here te loof en te prys. Loof en aanbidding gaan oor die Here en ons loof en prys Hom vir Sy goedheid en guns, maar wanneer ons besig is om Hom te loof en prys stig ons onsself en die Here vernuwe en verkwik ons.

 

Maak vandag tyd om die Here te loof en te prys.

     

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Hoekom is dit so belangrik om as Gesin/Familie/Konneksie Groep saam die Here te loof en prys?
  • Noem ‘n paar maniere hoe die Here geloof kan word.

 

  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

 

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 

WERKE en vrae:

 

ONBEPERK 24 – Onbeperkte ROEPING.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

 

Lees Psalm 150 oor en oor en begin spontaan die Here Loof en Prys.