Onbeperkte GELOOF – Deel 1
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKSE VIR VANDAG:
Lukas 1:1–4 (83)
Hooggeagte Teofilus! Daar is baie wat onderneem het om ‘n verhaal te skrywe van die dinge wat onder ons gebeur het. Hulle het dit opgeteken soos dit aan ons oorgelewer is deur die mense wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was. Daarom het ek dit ook goedgedink om self alles stap vir stap van voor af te ondersoek en die verhaal noukeurig in die regte volgorde vir u neer te skryf. So kan u te wete kom dat die dinge waaroor u onderrig is, heeltemal betroubaar is.
Vandag gesels ons oor die Bybel. Deel van ons Geloofsvorming is om te glo dat die Bybel die ware Woord van God is. Ons glo ook dat die Bybel deur die Heilige Gees aan ons gegee is. As volgelinge van Christus vind ons, ons geloof en vertrou in die woorde van die Bybel. Mense het deur die eeue hulle lewens gegee vir hierdie geloof. Vandag nog vind ons mense wat vervolg word as gevolg van hulle geloof in God en geloof in die Bybel. Vandag nog is daar lande waar die Bybel nie in gelees mag word nie. Indien jy in een van hierdie lande met ‘n Bybel, of selfs net bladsy van die Bybel gevang sou word, kan jy tronkstraf of selfs doodstraf opgelê word. Duisende mense was al vervolg of doodgemaak omdat hulle ‘n Bybel of selfs net dele van ‘n Bybel in hulle besit gehad het.
Maar hoekom is die Bybel so belangrik vir ons Geloofsvorming?
As volgelinge van Christus is dit vir ons belangrik om te weet wat Christus gedoen het en hoe Hy geleef het sodat ons ook so kan doen en leef. Paulus skryf oor hoe hy sy geloof uit die Bybel kry. In Romeine 10:17 skryf hy: “Die geloof dus is uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.” Ons kry ons geloof vanuit die bladsy van die Bybel. Die Bybel is nie net nog ‘n geskiedenis boek nie. Die Bybel is ‘n lewegewende boek oor ‘n lewegewende God. Deur die bladsy van die Bybel deel van ons wese te maak, maak ons ons geloof in ‘n ware lewegewende God sterker.
Daar is ‘n ou Sondagskoolliedjie: “Lees jou Bybel en Bid elke dag en jy sal groei!” Hoe meer jy met die verhale van geloofsvorming te doene kry, hoe meer word jou geloof gebou, gevoed en versterk. Deur gedurig die Bybel te lees en oor die Bybel te gesels is jy besig om in jou Onbeperkte Geloof te groei.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
ONBEPERK 24 – Onbeperkte GELOOF.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.
Gebruik die woorde: “ONBEPERKTE GELOOF” as jou vertrek punt.