Onbeperkte GELOOF – Deel 2
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKSE VIR VANDAG:
Lees Markus 9:14-29: Die verhaal van Jesus wat die Seun met die onrein gees genees het.
Mark 9:23-24 (53)
En Jesus sê vir hom: Wat dit betref, as jy kan GLO, alle dinge is MOONTLIK vir die een wat glo. (Beperk na Onbeperkte Geloof)
En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: Ek GLO, Here, kom my ONGELOOF te hulp!
Wanneer ons die verhaal in Markus 9:14-29 lees, kry ons te doen met ‘n paar karakters. Eerstens gaan die verhaal oor ‘n Vader en sy Seun. Hierdie vader het sy seun na Jesus toe gebring vir genesing. Jesus was egter nie beskikbaar nie en die Dissipels het probeer om die seun te genees, sonder enige sukses. Dan was daar ook die Skare mense wat hierdie situasie aanskou het. In hierdie verhaal word die tema: ONGELOOF teenoor GELOOF aangespreek.
Jesus wat hierdie situasie van ‘n afstand dopgehou het, het die desperaatheid in die vader se houding gesien. Die Vader het besef dat hierdie die enigste uitkoms en genesing vir sy seun is, as Jesus nie sy seun genees nie is daar geen ander oplossing nie. Die vader het sy Geloof in Jesus se vermoeë om te genees geplaas. Dink net hoe teleurgesteld moes hy gewees het toe hy nie vir Jesus kon kry nie en toe Jesus se Dissipels nie sy Seun kon genees het nie. Dink ook hoe die Skare hierdie situasie moes hanteer het. Hulle het gekom om ‘n genesing te sien, maar hulle het nie ‘n genesing beleef nie.
Jesus red hierdie situasie deur die Seun te genees. Hy gebruik ook hierdie geleentheid om met sy Dissipels te gesels oor hoe Geloof werk. As gevolg van die genesing het die Skare se Geloof in Jesus gegroei.
Die Dissipels kon nie verstaan hoekom hulle nie die Seun kon genees nie. Jesus antwoord hulle dat hulle nog Ongelowig is en nie regtig Glo in Hom nie. Die Vader het ook sy geloof gewys deur sy antwoord toe Jesus hom vra of hy glo: “Ek glo Here, maar kom my Ongeloof te hulp!” Deur hierdie genesing wou Jesus ons leer hoe om Ongeloof in Geloof te verander.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
ONBEPERK 24 – Onbeperkte GELOOF.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.
Gebruik die woorde: “ONBEPERKTE GELOOF” as jou vertrek punt.