Onbeperkte GELOOF – Deel 3
Hoekom voel God VER?
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKSE VIR VANDAG:
1 Joh 1:1 (83)
Van die BEGIN af was Hy (Jesus) daar. Ons het Hom self GEHOOR; ons het Hom met ons eie oë GESIEN; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom GERAAK. Hy is die WOORD, die Lewe.
Joh 1:1,3 (53)
… In die BEGIN was die WOORD, en die Woord was by GOD, en die Woord was God. ALLE dinge het deur Hom (woord) ONTSTAAN, en sonder Hom (woord) het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
Wanneer ons soms voel dat God ver is, kan ons die boonste verse gebruik om die gevoel van ‘n VER God weg te dryf. Hy was van die begin af daar. Jesus was by die skepping betrokke. Hy was by ons vorming in ons moederskoot betrokke. Hoekom sal Hy nou VER van ons wil wees. Hy is die God van NABY.
Jesus het ook die Heilige Gees vir ons gegee sodat ons nie alleen hoef te wees nie. Dit is juis hierdie Heilige Gees wat elke dag saam met ons is. Jesus moes terug gaan na die Vader want Hy kon nie ooral as mens wees nie. Maar deur Sy Gees kan hy oral en naby wees. God is nie VER nie, deur Sy Heilige Gees is Hy naby jou.
Hy het die voorhangsel wat in die tempel was en wat afstand tussen mens en God veroorsaak het in die middel deur geskeur, sodat ons nie meer VER van Hom kan wees nie. In gebed kom ons NABY aan Hom en in gebed luister Hy na ons. Wanneer ons bid is Sy volle aandag op ons en Hy hoor ons.
Ons God is ‘n God wat Naby ons wil wees. Hy is beslis nie ‘n God wat afstand tussen Hom en ons wil hê nie. Daar is ‘n spreekwoord wat sê: “God is VER want ons loop weg van Hom.” Dit is ons eie keuses wat veroorsaak dat God ver voel. Dit is ons keuses wat Hom weer NABY ons bring.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
ONBEPERK 24 – Onbeperkte GELOOF.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.
Gebruik die woorde: “Hoekom voel God partykeer se VER” as jou vertrek punt.