Hoekom het God dit laat GEBEUR?
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
a) Het jy al die vraag: “Hoekom het God dit laat gebeur?” gevra? Vertel ons meer.
b) (Indien jy gemaklik is om hierdie storie te deel) Vertel ons van ‘n keer toe jy hierdie vraag: “Hoekom het God dit laat gebeur?” gevra het en later gesien, of ervaar het hoekom dit gebeur het.
WOORD:
Gebed: Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
Lees: KERNTEKS VIR VANDAG: Heb 10:39 (ABA) Maar ons is nie mense wat ophou glo nie (ONBEPERKTE GELOOF), en daarom sal ons nie verlore gaan nie. Nee, ons is mense wat in CHRISTUS glo en daarom sal ons die EWIGE lewe kry.
Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:
Ons het seker al almal die vraag gevra: “Hoekom het God dit laat gebeur?” Veral wanneer ons sukkel om sin te maak van ‘n gebeurtenis. Hierdie vraag gaan hand-aan-hand met nog ‘n bekende vraag: “Waar was God?”
Paulus veduidelik dit so mooi in Heb 10:32-39 dat daar dinge met ons gaan gebeur. Hy wys die realiteit van die lewe vir ons. Ons lewe IN hierdie wêreld. Tog is ons nie VAN hierdie wêreld nie. Hy wys vir ons God se goedheid in tye van swaarkry en selfs vervolging. Hy leer ons ook dat hierdie aardse lewe verby gaan, en dat wanneer ons in verhouding met God lewe ons alreeds in ‘n ander wêreld, en onder ‘n ander wêreldse orde (God se wêreld orde) lewe. God het geen beperkings nie. Ons kan ook ‘n ONBEPERKTE LEWE lewe. Hierdie lewe saam met God help ons ook om van ‘n BEPERKTE GELOOF na ‘n ONBEPERKTE GELOOF oor te gaan.
Ons sal seker nooit ‘n finale antwoord op die “Waar was God?” en “Hoekom het God dit laat gebeur?” vrae kry nie, maar ons weet dat in tye van nood en beproewing is Hy daar. Hy is met ons en Hy gaan saam met ons deur hierdie moeilike en uitdagende tye. Hy los ons nie alleen nie. Veral as ons mense is wat in Christus GLO, sal ons GELOOF in Hom ons help om deur hierdie tye te kom.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
ONBEPERK 24 – Onbeperkte GELOOF.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.