Onbeperkte GELOOF – Deel 5

Die GELOOF van ‘n MA

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal gebruik.
  • KYK na hierdie week sePODGOOI”: Druk op hierdie skakel:

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

a) Vertel ons ‘n storie oor jou MA. Dalk ‘n opgewekte of snaakse storie.

b) (Indien jy gemaklik is om hierdie storie te deel) Wat beteken jou MA vir jou?

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

  1. Lees: 

KERNTEKS VIR VANDAG:

Lees die verhaal van Moses in Eksodus 2:1-10

JOGEBED – DIE VROU MET GELOOF

Eks 2:2 Sy het verwag en ’n seuntjie gekry. Toe sy sien hoe mooi die baba is, het sy hom drie maande lank vir die Egiptenaars weggesteek.

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

In Eksodus 2 lees ons die verhaal van Moses en sy moeder Jogebed. Eers kry ons te doene met ‘n MA se liefde vir haar kind. ‘n Ma sal enige iets vir ‘n kind doen, selfs die wet oortree, soos Jogebed. Al die Joodse babaseuntjies moes volgens die Egiptiesewet doodgemaak word. Maar Moses se ma het hom weggesteek totdat sy nie meer kon nie. Sy het ‘n plan beraam en besluit dat sy hom in ‘n mandjie in die Nyl rivier gaan sit. Sy het geglo dat God ‘n wonderwerk vir haar seun sou doen, sy het nie geweet hoe God haar seun gaan red nie, maar haar geloof en vertrou was in die God wat voorsien. So het God voorsien en Moses word in die Farao se paleis groot.

Ons lees verhaal op verhaal van vroue met GELOOF in die bybel. Ons sien hoe ‘n vrou met geloof berge kan versit en ons sien hoe God wonderwerk op wonderwerk vir hierdie vroue doen. Vandag nog sien ons hoe God vir vroue en Ma’s van geloof voorsien. Dit is asof hulle ‘n geopende deur na die Here het.

     

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Hoekom het JOGEBED (Moses se MA) vir Moses in die mandjie gesit en in die Nyl rivier geplaas? Wat sê hierdie aksie van haar GELOOF?
  • Hoe Beïnvloed ‘n MA/VROU se GELOOF jou lewe? 
  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:
  • Gesels oor hoekom jy GLO.

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

WERKE en vrae:

ONBEPERK 24 – Onbeperkte GELOOF.


As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

Gebruik die woorde: “Die GELOOF van ‘n MA/VROU” as jou vertrek punt.