Onbeperkte GELOOF – Deel 6

My PINKSTERGELOOF

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal gebruik.
  • KYK na hierdie week sePODGOOI”: Druk op hierdie skakel:

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

a) Wanneer jy die woord: “Pinkstergeloof” hoor, wat beteken hierdie woord vir jou?

b) Hoe beïnvloed jou Geloof in die Heilige Gees jou daaglikse lewe?

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

  1. Lees: 

KERNTEKS VIR VANDAG:

Joh 14:26

… maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

Dit was belangrik dat Jesus teruggegaan het na Sy Vader toe. Jesus kon as mens slegs op een plek beweeg. Die Vader het ‘n groter plan met die wëreld gehad. Om hierdie plan in aksie te sit moes die Heilige Gees na die aarde gestuur word.

Net voor Jesus se Hemelvaart het hy die dissipels gevra om te gaan wag vir hierdie “geskenk” van die Vader. Die Heilige Gees is deel van die Heilige Drie-enigheid: God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. Al drie was nog altyd betrokke hier op aarde, maar in die jare na Jesus se Hemelvaart sien ons dat die betrokkenheid van die Heilige Gees hier op aarde toegeneem het.

Ons Pinkstergeloof is nie ‘n nuwe geloof nie. Ons sien op die dag van Pinkster na Jesus se Hemelvaart hoe 120 mense gevul word met die Heilige Gees. Hierdie gebeure het die ontstaan van die kerk veroorsaak.

Ons lees in: Matt 28:19 (53) “Gaan dan heen, MAAK dissipels van al die nasies, en DOOP hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die HEILIGE GEES …” Hierdie 120 mense wat vervul was met die Heilige Gees het die hele wêreld ingegaan. Deur die krag van die Heilige Gees het hulle veroorsaak dat die Evangelie van Jesus deur die hele aarde verkondig geword het. Met die krag van die Heilige Gees in hulle en hulle Geloof in Jesus het hulle die hele aarde ingegaan, en daarom is ons hier en is die kerk nog hier. Vandag is die kerk nog sterker as ooit van te vore omdat God se Heilige Gees nog betrokke is in hierdie wêreld.

     

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Een van die Heilige Gees se take is “Trooster”. Het jy al die Heilige Gees as “Trooster” ervaar? Gesels meer hieroor
  • Hoe Beïnvloed jou PINKSTERGELOOF jou daaglikse lewe? 
  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:
  • Gesels oor hoekom jy GLO.

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

WERKE en vrae:

ONBEPERK 24 – Onbeperkte GELOOF.


As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.