Onbeperkte GELOOF – Deel 7

GEBED en GELOOF

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal
  • KYK na hierdie week sePODGOOI”: Druk op hierdie skakel:

 

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

  1. a) Vertel ons van ‘n keer toe jy GEBID het vir ‘n situasie en God jou gebed geantwoord het. Hoe het dit jou GELOOF en vertroue in God se voorsiening beïnvloed?
  2. b) (Indien jy gemaklik is om hierdie storie te deel) Vertel ons van ‘n keer toe jou BEPERKTE GEBED oortref was met God se Genade, Liefde en Voorsiening. Hoe het jy na die tyd gevoel, na God ingegryp het en ‘n WONDERWERK vir jou gedoen het?

 

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

  1. Lees: 

KERNTEKS VIR VANDAG:

 

Matt 21:22

En alles wat julle in die GEBED vra, sal julle ontvang as julle GLO.

 

 

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

 

Gebed en Geloof gaan hand-aan-hand. Die Boodskap Bybel stel Matt 21:22 op die volgende manier: “Om HEELTEMAL op God te vertrou gee krag aan jou GEBED. Bid met daardie vertroue en God sal vir jou gee wat jy vra, of dit iets kleins of iets groots is.” Gebed help jou geloof. Jy bid omdat jy GLO. Baie keer sukkel ons om te bid, maar dit is nie omdat ons nie kan bid nie, dit is omdat ons sukkel om te glo dat wat ons bid waar gaan word. (Gaan gebeur) Daarom kies ons meeste van die tyd om nie te bid nie. Dit is soos ‘n bokser wat in die bokskruit inklim met die wete hy gaan verloor. Dit help nie eintlik om eers aan die geveg deel te neem nie. Gewoonlik in so ‘n geval is die geveg oor voor dit begin het. Ons maak ook baie keer so in ons gebedslewe, voor ons begin bid dink ons al reeds dat dit nie die moeitewerd is nie. Ons bid baie met ongeloof. Jesus is self aan woord in Matt 21:22 en Hy vra dat ons met geloof moet bid.

 

Heb 11:1 “GELOOF is dan ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons HOOP, ‘n bewys van die dinge wat ons nie SIEN nie.” Hierdie bekende vers oor geloof leer ons wat geloof is. Omdat ons baie keer vergeet wat GELOOF IS, bid ons nie met geloof nie. Gebed is eintlik soos geloof. Ons bid tot ‘n onsigbare God. Ons kan ook nie vir God met ons fisiese oog sien nie. Tog sien ons God se werk in die wêreld om ons. Ons kan nie DADELIK die uitkoms van ‘n gebed sien nie, tog sien ons na ons gebid het hoe God hierdie gebed beantwoord. Gebed maak ons geloof sterk en geloof beïnvloed ons gebedslewe. Hou aan bid, hou aan met geloof bid, moenie ophou nie.

     

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Hoekom kan ons vandag nog GLO dat God GEBED beantwoord?
  • Hoe Beïnvloed jou GELOOF jou GEBED mekaar?

 

  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:
  • Gesels oor hoekom jy GLO.

 

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 

WERKE en vrae:

 

ONBEPERK 24 – Onbeperkte GELOOF.


As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

 

Gebruik die woorde: “GEBED en GELOOF” as jou vertrek punt.

 

  1. Hoe beïnvloed Geloof jou Gebed en Gebed jou Geloof?
  2. Vir wie moet jy hierdie week bid?