Onbeperkte Lewe – Deel 1

 

Joh 10:10 (53)

“Die dief kom net om te steel en te slag en te VERWOES. Ek het gekom, dat hulle LEWE en OORVLOED kan hê.”

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal
  • Kyk: Kyk weer na die preek: ONBEPERKTE LEWE DEEL 1, deur Pastoor Renaldo Barnard op Woord en Lewe se Youtube bladsy of druk op hierdie skakel:

https://www.youtube.com/watch?v=R3Jfz9VgH3s

 

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

Ysbreker: Deel ‘n STORIE uit jou eie lewe: Kies EEN van hierdie twee opsies:

  1. a) Gesels oor ‘n keer toe jy van jou geld, of van jou kos, of een van jou besittings vir iemand GEGEE Hoe het jy gevoel nadat jy dit weggegee het?
  2. b) Indien jy jouself al laat doop het: Gesels oor hoekom jy jouself laat DOOP Gesels oor die dag en gesels oor wat met jou gebeur het nadat jy jouself laat DOOP het.

 

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

  1. Lees: 

 

Lees die Storie van die Ryk Jongman in Matt 19:17-26

KERNTEKS VIR VANDAG:

Rom 6:3,4 (53)

Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is … saam met Hom begrawe … (en) soos Christus uit die dode opgewek is … ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.

 

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

Ware lewe, ‘n Onbeperkte Lewe kry jy beslis nie deur GOED bymekaar te maak nie. ‘n Oorvloedige Lewe kry jy nie deur AARDSE RYKDOM nie. Wanneer ons die storie van die Ryk Jongman lees sien ons hoe hierdie man wat alles het tog ervaar dat hy iets te kort het. Jesus vra hom om al sy besittings te verkoop en die geld vir die armes te gee. Jesus gee hierdie raad nie om die man arm te sien en om armoede as Ware Lewe uit te lig nie. Jesus gee hierdie raad vir die jongman om vir hom te verduidelik dat ‘n oorvloedige Lewe nie vasgevang is in wat jy het nie, maar in wat jy GEE. Gee is belangriker as ontvang of bymekaar maak.

 

Die DOOP is ook so ‘n opdrag van Jesus. Jy gee jouself, die ouself. Jy vat hierdie ouself en begrawe hom/haar in die doop. Wanneer jy opstaan uit die doopwater, staan jy op as ‘n NUWE MENS. Jy staan op in ‘n oorvloedige, ware, onbeperkte lewe.

 

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
    • Gesels nou verder oor Rom 6:3-4. Hoekom is dit belangrik om jouself te laat DOOP?
    • Hoekom is dit nodig om iemand te wees wat altyd GEE?

 

Indien jy wil deel wees van ons volgende DOOP geleentheid. Druk op hierdie skakel en vul die Aanlyn Doopvorm in:

 

https://wnl.churchcenter.com/people/forms/278283

 

  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:
  • Gesels oor Jesus wat aan die kruis sê: “Vader VERGEWE hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie.” Luk 23:34 Die Nagmaal wys vir ons dat ons VERGEWE Gesels oor hierdie vergifnis wat ons gekry het.

 

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Gesels oor Jesus wat Homself laat DOOP het en so ‘n voorbeeld vir ons was. Jesus het ook die NAGMAAL as voorbeeld ingestel. Jesus vra dat ons Sy voorbeelde moet volg.

 

WERKE en vrae:

 

ONBEPERK 24 – Onbeperkte Lewe.


As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

 

Gebruik die woorde: “ONBEPERKTE LEWE” as jou vertrek punt.

 

  1. Hoe kan jy hierdie week Waarlik Lewe deur van jou Geld, of Besittings, of Tyd te GEE en aan wie?
  2. Vir wie moet jy hierdie week bid?