Onbeperkte Lewe – Deel 4 & 5

 

Joh 10:10 (53)

“Die dief kom net om te steel en te slag en te VERWOES. Ek het gekom, dat hulle LEWE en OORVLOED kan hê.”

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal
  • Kyk: Kyk weer na die preek: ONBEPERKTE LEWE DEEL 2, deur Pastoor Gerhard Dalton op Woord en Lewe se Youtube bladsy of druk op hierdie skakel:

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

  1. Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
  1. a) Hoekom is Paasnaweek nog belangrik?
  2. b) Wat is ons Taak/Rol/Verantwoordelikheid as Volgelinge van Christus, na Paasnaweek?

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

  1. Lees: 

 

KERNTEKS VIR VANDAG:

1 Pet 2:24 (NLV)

Hy het self ons sondes in sy LIGGAAM aan die KRUIS gedra. Só is ons VRY van die sonde. Nou kan ons (ONBEPERKTE) lewe omdat God ons verhouding met Hom herstel het. Deur sý wonde is julle GENEES

Joh 12:32 (53)

En Ek, as Ek van die aarde VERHOOG word, sal almal na MY toe trek.

 

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

Verlede naweek het ons Paasfees gevier. Ons het Jesus se kruisiging en Sy opstanding gevier. Paasnaweek is waaroor Christenwees gaan. Ons kon nie, ons kan nie, en ons gaan ook nie in die toekoms, onsself uit die mag van die dood red nie. Jesus het Sy hemelsewoning verlaat en Hy het ‘n mens geword om vir ons te sterwe, sodat ons kan LEWE. Jesus se sterwe en opstanding veroorsaak dat ons ‘n Ware, Onbeperkte, Oorvloedige Lewe kan leef. ‘n ONBEPERKTE LEWE kan slegs verkry word deur Christus.

Joh 10:10 gee vir ons die antwoord oor hoe om Ware Lewe te kry:

Joh 10:10 (a) “Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes

Die duiwel het gedink hy het Jesus oorwin toe hy sien hoe Jesus aan die kruis hang. Net soos alles in die lewe het die duiwel ook vir Jesus kom slag, steel en verwoes. Tog is dit juis hierdie “vernietiging” van die Seun van die Mens wat verlossing vir alle mense bring. Die duiwel het alles probeer om van Jesus ontslae te raak. Maar na die kruis en die graf staan Jesus op as Seun van God.   

Joh 10:10 (b) “Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.”

Christus se sterwe en opstandig bring vir ons Ware, Onbeperkte, Oorvloedige Lewe. Dit wat die duiwel wou steel by die mensdom (Ware Lewe deur Christus) het nou die kanaal van verlossing geword vir die mensdom. Die dood wat oor die hele mensdom moes kom na Christus se kruisiging en sterwe het nou in DIE LEWE van die mensdom verander. Selfs die straf wat op elkeen van ons moes kom het nou op Christus gekom. Jesus het die dood oorwin sodat ons kan Lewe.

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
    • Hoekom moes Jesus aan ‘n kruis sterwe?
    • Hoekom moes Jesus begrawe word?
    • Hoe beïvloed Jesus se Sterwe en Opstanding jou lewe?
  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:
  • Gesels oor Jesus se kruisiging en Sy Opstanding en hoe dit vir ons LEWE .

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 

WERKE en vrae:

ONBEPERK 24 – Onbeperkte Lewe.

As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

Gebruik die woorde: “ONBEPERKTE LEWE” as jou vertrek punt.

  1. Dink weer aan Jesus se Kruisiging en Opstanding, wat beteken hierdie twee gebeure vir jou?
  2. Vir wie moet jy hierdie week bid?