Onbeperkte ROEPING – Deel 4
GEROEP om ANDER TOE TE RUS.
Familiegroep:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
Efe 4:11-12 (NLV)
Hý het sommige as apostels gegee, ander as profete, ander as evangeliste, en ander as herders en leraars, om God se mense toe te rus vir hulle dienswerk. Hulle werk is om Christus se liggaam op te bou.
Lees Efe 4:11-12 vanuit die Amplified Bybel. (Hier volg ‘n Afrikaans vertaalde weergawe van Efe 4:11-12)
Efe 4:11-12
Sy gawes aan die gemeente was uiteenlopend en Hy het self sommige aangestel as Apostels [spesiale boodskappers, verteenwoordigers], sommige as Profete [wat ‘n nuwe boodskap van God aan die volk spreek], ander as Evangeliste [wat die goeie nuus van verlossing moes verkondig], en sommige as Herders en Leraars [om leiding te gee en te onderrig], en Hy het dit gedoen om die heiliges (God se volk) ten volle toe te rus en te volmaak vir dienswerk, om die liggaam van Christus [die kerk] op te bou;
God gee hierdie vyf GENADEGAWES aan die gemeente. God wil sien dat Sy Kerk opgebou moet word en dat die mense in die kerk nader aan Hom moet beweeg, daarom gee Hy hierdie Vyfvoudige Bediening aan die kerk. Elkeen in die kerk kan funksioneer in een van hierdie gawes. Mense kan ook leer hoe om te groei in hierdie gawes en mens kan dit ontwikkel in hulle lewens.
Lees weer Vandag se teks en gesels daaroor:
Gebruik nou Nagmaal saam as gesin: