Onbeperkte ROEPING – GEROEP – Deel 1

GEROEP om ANDER te BEDIEN

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal
  • KYK na hierdie week sePODGOOI”: Druk op hierdie skakel:

 

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

  1. a) Dink jy elke mens het ‘n ROEPING?
  2. b) Wat dink jy is jou ROEPING?

 

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

  1. Lees: 

KERNTEKS VIR VANDAG:

 

Matt 14:15-20 – Die verhaal van Jesus wat vir die mense kos gee.

 

Efe 4:1-3 (CAB 23)

Ek, die gevangene van die Here, SMEEK julle dan dat julle WANDEL waardig die ROEPING waarmee julle GEROEP is …(Onbeperk24)

 

Met alle NEDERIGHEID en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in LIEFDE verdra

 

En ernstig strewe om die EENHEID van die GEES te BEWAAR deur die band van die vrede

 

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

 

Deur die hele Bybel kry ons verhale van mense wat GEROEP word. In die verhaal in Matt 14:15-20 sien ons hoe Jesus ‘n klein seuntjie roep. Hy neem wat die seun het en ROEP die Dissipels om dit wat die seun aan Hom gegee het uit te deel aan die skare mense. Net so ROEP God vir my en vir jou. Hy vra dat ons dit wat Hy aan ons gegee het vir ander mense sal gee. Ons talente, ons gawes en ons hulpbronne. Elkeen van ons het ‘n spesifieke ROEPING om te vervul in hierdie lewe. Hierdie ROEPING is vir ander mense. Om hulle te bedien en te dien.

 

Paulus vra dan ook dat ons sal mooi kyk na hierdie ROEPING. Dit mooi sal oppas, maar ook dat ons nie HOOGMOEDIG daarmee sal werk nie.

     

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Hoekom ROEP God ons?
  • Hoekom ROEP God ons om ander mense te BEDIEN?

 

  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

 

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 

WERKE en vrae:

 

ONBEPERK 24 – Onbeperkte ROEPING.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

 

Gebruik die woorde: “ROEPING” as jou vertrek punt.

 

  1. Waarnatoe ROEP God jou?
  2. Hoe beïnvloed jou Godgegewe ROEPING jou lewe?
  3. Vir wie moet jy hierdie week bid?