Onbeperkte ROEPING – GEROEP – Deel 2
GEROEP om ANDER te BEDIEN
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKS VIR VANDAG:
2 Pet 1:10 (53)
Daarom … moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie.
God ROEP ons. Hy ROEP ons by ons naam. Hy ROEP ons om ‘n unieke en spesifieke taak in ons gesinne, families, vriendskapsgroepe en kerke uit te leef. Elkeen van ons het ‘n unieke en spesifieke ROEPING. Elkeen van ons het EEN liggaam. Ons liggame het liggaamsdele met funksies wat uniek en spesifiek aan elke deel is. Net so is ons elkeen DEEL van ‘n gesin, familie, vriendegroep en kerk. Dit is wel EEN gesin, familie, vriendegroep en kerk, maar ons elkeen het ‘n unieke en spesifieke funksie in ons gesin, familie, vriendskapsgroep en kerk. Hierdie funksie word ook ons ROEPING genoem.
Petrus vra dat ons ons ROEPING VAS sal maak in 2 Pet 1:10, want as ons ons ROEPING VAS maak sal ons nie maklik struikel nie. Dit is belangrik om te weet WAAROM God jou geroep het en WAARNA TOE Hy jou roep. Wanneer jy dit weet en dit verstaan en jou unieke en spesifieke roeping verstaan en dit uitleef sal jy standvastig bly in jou verhouding met God en die mense om jou.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
ONBEPERK 24 – Onbeperkte ROEPING.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.
Gebruik die woorde: “ROEPING” as jou vertrek punt.