Onbeperkte ROEPING – GEROEP – Deel 3

GEROEP om met GENADE te LEWE.

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal
  • KYK na hierdie week sePODGOOI VIDEO”: Druk op hierdie skakel:

 

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

  1. a) Wat is ‘n GENADEGAWE?
  2. b) Wat moet ons met ons GENADEGAWES doen?

 

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

  1. Lees: 

KERNTEKS VIR VANDAG:

 

Efe 4:7 (20)

Maar aan elkeen van ons is ‘n genadegawe geskenk, soos Christus dit uitgedeel het. 

 

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

 

God bewys aan ons Sy groot GENADE deur Jesus na die aarde te stuur om in ons plek geoffer te word aan die kruis. Hierdie was Jesus se GENADEGAWE wat Hy vir ons kom gee het. Hy gee Homself sodat ons sy broers en susters kon word. Nou vra Paulus dat ons ook so die mense rondom ons sal seën deur ons GENADEGAWES te gebruik tot voordeel van die mense om ons. Ons word geroep om GENADE aan ander te bewus deur hulle te dien met ons GENADEGAWES

 

Elkeen van ons het ‘n unieke en spesifieke GENADEGAWE en ons word gevra om dit te gebruik om ander te seën. Efe 4:7 sê dat hierdie GENADEGAWE aan ons geskenk is, en dat ons dit aan ander moet UITDEEL. Elkeen het ‘n gawe ontvang en elkeen word gevra om hierdie gawe met die mense rondom jou te deel. Dit is ons GESKENK aan die mense rondom ons.

     

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Wat dink jy is jou unieke en spesifieke GENADEGAWE?
  • Vra vir God om jou te wys hoe jy jou GENADEGAWE moet SKENK aan die mense RONDOM JOU?

 

  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

 

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 

WERKE en vrae:

 

ONBEPERK 24 – Onbeperkte ROEPING.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

 

Gebruik die woorde: “GENADEGAWE” as jou vertrek punt.

 

  1. Wat dink jy is jou unieke en spesifieke GENADEGAWE?
  2. Hoe kan jy jou unieke en spesifieke GENADEGAWE hierdie week gebruik om ANDER mense te seën?