Onbeperkte ROEPING – GEROEP – Deel 7
GEROEP tot ‘n lewe van AANBIDDING.
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
a) Wat is jou gunsteling liedjie en hoekom?
b) Hoekom sing ons in die kerk?
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKS VIR VANDAG:
Rig 6:6 (53)
Israel het deur die Midianiete baie arm geword (beperk), maar die kinders van Israel het die Here aangeroep.
Rig 6:10 (53)
Ek is die Here julle God; julle mag die gode van die Amoriete in wie se land
julle woon, nie vrees (aanbid) nie. Maar julle het nie na my stem geluister nie.
Ek en jy word GEROEP tot ‘n LEWE van AANBIDDING. Wanneer ons die Here Loof en Prys ervaar ons Sy nabyheid en word ons meer bewus van Sy teenwoordigheid.
Om God te AANBID is ‘n lewensstyl. Aanbidding is meer as net liedjies wat ons in die kerk sing. Aanbidding gebeur die oomblik wat ONS OPSTAAN in die oggend en ons die eerste suurstof in ons longe opneem. Net die feit dat ons kon opstaan en ‘n nuwe dag kan ingaan is alreeds ‘n wonderwerk. Die Hebreërs het die naam van God (YHWEH) nooit uitgespreek nie, wannneer hulle oor God wou praat het hulle Sy naam as ‘n asemhaling uitgespreek. Deur dit te doen het hulle vir die bystanders geleer dat elke asemhaling wat geneem word DANKBAARHEID teenoor God uitspreek. Wanneer ons Sy naam uitspreek is ons dankbaar vir lewe. Hulle wil ons leer dat elke keer wat ons ASEMHAAL, ons eintlik besig is om God te AANBID en vir Hom dankie te sê vir Sy goedheid en guns oor ons.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
ONBEPERK 24 – Onbeperkte ROEPING.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.
Gebruik die woorde: “’n LEWE van AANBIDDING” as jou vertrek punt.
1. Wat dink jy beteken dit om ‘n LEWE van AANBIDDING te lewe?