Onbeperkte ROEPING – GEROEP – Deel 8

GEROEP om die OU MENS af te lê en die NUWE MENS op te neem.

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal
  • KYK na hierdie week sePODGOOI VIDEO”: Druk op hierdie skakel:

 

WELKOM:

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

  1. a) Hoekom ROEP God ons?
  2. b) Hoe ROEP God ons?

 

WOORD:

  1. Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

  1. Lees: 

KERNTEKS VIR VANDAG:

 

Efe 4:22 (53)

Dat julle, wat die vorige lewenswandel betref, die OUE MENS MOET AFLÊ wat deur die BEGEERLIKHEDE van die VERLEIDING ten gronde gaan

 

Efe 4:23,24 (53)

… en dat julle VERNUWE moet word in die GEES van julle gemoed … en julle met die NUWE mens moet BEKLEE wat na God geskape is in ware GEREGTIGHEID en HEILIGHEID

  1. Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

 

Ek en jy word GEROEP om die OU MENS af te lê en die NUWE MENS op te neem. Wanneer ons besluit om Christus te volg en ons ou lewens agter te laat, neem ons ‘n “nuwe-mens-natuur” aan. Gewoonlik word hierdie besluit om Christus te volg opgevolg met ‘n besluit om GEDOOP te word. Die doop is ‘n fisiese teken van die agterlaat of die afsterwe van die ou mens en wanneer daar uit die water gekom word die opneem van die NUWE MENS of nuwe natuur.

 

Paulus skryf aan die kerk in Efese, oor hoe hierdie aflê en hierdie opneem moet gebeur. Dit is ‘n taak wat elke persoon wat ‘n gelowige wil word moet nakom. Sonder die sterwe van die OU MENS en die opstanding van die NUWE MENS kan ons nie volgelinge van Christus wees nie.

 

As kerk en as volgelinge van Christus word ons uitgenooi na hierdie NUWE LEWE saam met Christus. Hierdie uitnodiging is in die vorm van ‘n “ROEP”. God roep ons om hierdie taak van aflê en opneem te gehoorsaam. Ons word nooit verplig of gedwing tot hierdie nuwe lewe nie. Dit is ‘n keuse wat elke mens vir hom of vir haarself moet neem. So ook is die doop ‘n natuurlike gebeurtenis in elke volgeling van Christus se lewe.

     

  1. Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:
  • Hoekom is dit so belangrik om die OU MENS af te lê?
  • Hoe lyk die NUWE MENS waarvan Efe 4:24 praat?

 

  1. Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

 

WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

  • Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

 

WERKE en vrae:

 

ONBEPERK 24 – Onbeperkte ROEPING.
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

 

Gebruik die woorde: “Ek en jy word GEROEP om die OU MENS af te lê en die NUWE MENS op te neem.” as jou vertrek punt en dink aan manier hoe om hierdie opdrag van Paulus uit te voer.