Ons moet Praat
Deel 1:

Jak 1:19 (NLV)My geliefde broers en susters, wees altyd gou om te LUISTER, nie te gou om te PRAAT nie, en nie te gou om KWAAD te word nie.

Matt 13:9 (83) Wie ore het, moet LUISTER!

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal

 

WELKOM

 

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

a) Hoekom het ons twee ore, maar net een mond?

b) Vrouens praat meer as mans. Is hierdie stelling korrek?                                                                                             

 

WOORD

 

Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG:

 

Heb 12:25 (83)

Pas op, moet Hom wat met julle praat, nie AFWYS nie. Hulle wat Hom afgewys het toe Hy sy Goddelike woord op aarde laat hoor het, het nie ONTKOM nie. 

Sag 7:11-12 (83)

Maar die volk het geweier om daarop ag te slaan, hulle was MOEDSWILLIG, hulle het hulle doof gehou, hulle het hulle soos die hardste klip gehou en wou nie LUISTER … na die boodskap (van) die Here …

Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

Luister is ‘n kuns wat aangeleer moet word. Ons moet meer luister as praat.

 

Wat is die Vertrekpunt van luister? Selfbeheersing en ’n Oop Gemoed

Jakobus 1:19Gou om te luister, stadig om te praat, stadig om kwaad te word.

Alles begin by ons alledaagse houding. ’n Volwasse gees word gekenmerk deur die vermoë om eers te ontvang (luister) voordat daar gereageer word (praat/kwaad word). Dit vorm die grondslag vir hoe ons teenoor God én mense optree.

 

Wat is die Doelwit van luister? Geestelike Groei teenoor Onvolwassenheid

Efesiërs 4:14-15Nie meer kinders wat heen en weer geslinger word nie… maar groei in liefde en waarheid.

Mense wat nie aktief luister en leer nie, bly geestelik onvolwasse. Hulle is kwesbaar vir elke “wind van dwaalleer” en word emosioneel en geestelik heen en weer geslinger. Die teiken is doelbewuste groei om standvastig te word in die waarheid.

 

Wat is die Gevaar van Geestelike Doofheid?

Sagaria 7:11-12 & Matteus 13:15Moedswillig, ore toegedruk, verstand afgestomp, harte soos die hardste klip.

Hier sien ons die anatomie van rebellie. Die Skrif waarsku dat die mens se hart verhard wanneer hy doelbewus kies om God se stem te ignoreer. Dit is nie dat hulle nie kan hoor nie; hulle wil nie hoor nie. Hierdie “afgestomptheid” is ’n selfopgelegde blindheid wat lei tot geestelike ondergang.

In ’n wêreld vol geraas is die opdrag duidelik: Hou op praat, raak stil, en luister na die stem van die Here voor dit te laat is.

Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:

  • Hoe hoor ons God se stem in ons alledaagse lewe?
  • Wat kan ons doen om God se stem beter te hoor

Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen was. 

 

WERKE en vrae:

Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

 

Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

  1. Vra die Here om jou te help om, beter na die mense om jou, te luister in hierdie nuwe week.
  2. Vra die Here om jou te help om. Beter na Hom, te luister in hierdie nuwe week.