Word and Life Church

Week 1

23-29 Augustus 2020

Welkom

 

Woord

  1. Gebed: Open met gebed.

 

  1. Gesels: Hoe red God ons uit en hoe help Hy ons ontsnap?

Dawid word deur Saul agtervolg. Saul se plan is om Dawid en al sy manskappe om die lewe te bring, maar God help Dawid om elke keer uit Saul se aanvalle en lokvalle te ontsnap. So is die Duiwel ook opsoek na ons om ons om die lewe te bring, maar God red ons ook uit sy aanvalle en lokvalle. 

Tog is daar dinge wat ek en jy moet doen terwyl ons besig is om te ontsnap vir die vyand. 

Luk. 21:36  “Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om …”

Neh. 4:17 “… terwyl die ander hand die werpspies vashou (Waak en bid) …”

Neh. 4:18 “… en die bouers het elkeen sy swaard aan sy heupe gegord en gebou …”

Neh. 6:11 “Maar ek het gesê: Sal ‘n man soos ek vlug …”

Neh. 6:3 “… Ek doen ‘n groot werk, sodat ek nie kan afkom nie …”

Neh. 6:3 “… Waarom moet die werk ophou …”

Worship-Aanbidding

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die Aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is. 

Werke en vrae

Hoe kan julle as Groep meer waak en bid? Hoe kan julle meer vir mekaar bid sodat elkeen kan ontsnap net soos Dawid? Stel ‘n gebedlys op en skryf daarop waarvoor vir elke groepslid gebid moet word tydens die volgende week.