Matt 6:9 (53)
Só moet julle dan bid: ONSE VADER wat in die hemele is, laat U Naam GEHEILIG word …
Matt 6:10 (53)
… laat U KONINKRYK kom; laat U WIL geskied, soos in die HEMEL net so ook op die aarde …
Konneksiegroep:
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
KERNTEKSE VIR VANDAG:
Job 42:10 (83)
Nadat Job vir sy vriende GEBID het, het die Here die omstandighede … VERANDER en hom twee keer soveel gegee as wat hy gehad het.
Jak 4:2 (83)
Julle wil dinge hê, maar kry dit nie … dan maak julle rusie en baklei julle. Julle kry nie, omdat julle nie BID nie.
Jak 5:16 (83)
… BID vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n KRAGTIGE uitwerking.
Ons lees dat Job homself in ‘n baie moeilike situasie bevind het. Hy was vol pyn en lyding. Sy hart was stukkend en sy siel was terneurgedruk. Hoe kon al hierdie rampe hom tref? Selfs sy naby vriende en familie het hom verwyd en ver van hom af weggebly. Van sy vriende het hom aangeraai om God te vervloek. Job het egter nie die raad van sy vriende en familie gevolg nie.
Job bid vir sy vriende en familie. Hy bid vir hulle behoeftes en omstandighede. God hoor Job se gebede en God sien Job se opregte hart raak. Hierdie gebed raak God se hart aan en dit veroorsaak dat Job se omstandighede begin verander.
Selfs in die moeilikste omstandighede waarin ons onsself bevind kan ons vir die mense om ons bid. Ons bid vir ons vriende en ons familie. Ons bid vir ons land, selfs al gaan dit hoe donker in ons land. Bid eers vir ander, hierdie gebede sal vir hulle, maar ook vir ons beantwoord word.
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
WERKE en vrae:
KOM HUISTOE
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.