Â
Matt 6:9-10 (53)
Só moet julle dan bid: ONSE VADER wat in die hemele is, laat U Naam GEHEILIG word …
Â
… laat U KONINKRYK kom; laat U WIL geskied, soos in die HEMEL net so ook op die aarde …
Â
Konneksiegroep:
Â
WELKOM:
Verwelkom: Verwelkom elke groepslid
Â
Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:
WOORD:
Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)
Â
KERNTEKSE VIR VANDAG:
Â
Matt 6:12 (NLV)
En VERGEEF ons ons sondeskuld soos ons ook óns skuldenaars VERGEWE het.Â
Â
Mark 11:25 (NLV)
… wanneer julle … bid, VERGEWE eers enigeen teen wie julle ’n grief koester. Dan sal julle hemelse Vader ook julle oortredings vergewe.
Â
Matt 18:26-27 (NLV)
Gee my kans, ek sal alles aan u terugbetaal. Daarop het die koning hom innig jammer gekry. Hy het hom laat gaan en sy SKULD AFGESKRYF.Â
Â
Matt 18:28-30 (NLV)
Toe … loop hy … medeamptenare raak wat hom … GESKULD het. Hy gryp hom toe aan die keel en sê: BETAAL jou skuld! … en het hom in die tronk laat gooi …
Â
Matt 18:34-35 (53)
En sy heer het hom in toorn OORGEGEE aan die pynigers … So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge VERGEWE nie.
Â
Â
Jesus vertel ‘n storie om ware vergifnis uit te beeld. Hy vertel die verhaal van ‘n koning se Amptenaar wat die koning baie geld geskuld het. Die koning wil die man in die tronk gooi, maar die man pleit en vra die koning om genade. Die koning bewys genade aan die man en hy gooi hom nie in die tronk nie. Die koning kanseleer ook die man se skuld en laat die man skuldloos vertrek huistoe. Oppad huistoe kry hierdie man ‘n ander man wat vir hom ‘n kleinbedrag geld skuld, hierdie vrygespreekte man laat sit die man wat vir hom geld skuld in die tronk. Toe die koning hiervan te hore kom was hy baie kwaad. Hy het die man laat roep en hom oorgegee aan die skuldinvorderaars om hom te vonnis.
Â
Jesus wil met hierdie verhaal ons leer hoe vergifnis werk. Ons kan nie verwag om self vergewe te word, maar nie ander te vergewe nie. Vergifnis werk beide kante toe. Ons vergewe die wat teen ons gesondig het. Wanneer ons hulle vryspreek, word ons werklik vry. Die Daad van vergifnis is nooit vir die oortredene nie. Die daad van verginis is vir die een teen wie oortree was. Die daad van vergifnis spreek eers die persoon teen wie oortree was vry, dan spreek dit die ander party wat oortree het vry.
Â
Â
Â
WORSHIP – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Â
WERKE en vrae:
Â
KOM HUISTOE
As Konneksiegroep spandeer net so 5-10 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat.Â
Â