Rippel Effek - Deel 3

Deel 3:

 

Hand 1:8 (83)

Maar julle sal KRAG (dunamis/dinamiet) ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my GETUIES wees …

 

… in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die UITHOEKE van die wêreld. (Rippel-Effek)

 

Konneksiegroep:

  • Kies EEN AAND ‘n week om julle konneksiegroep te hou.
  • Vra elke lid van jou konneksiegroep om hulle Bybel saam te bring.
  • Indien julle wil kan julle weer saam nagmaal gebruik.

 

WELKOM

Verwelkom: Verwelkom elke groepslid

 

Ysbreker: Kies een van die volgende onderwerpe en gesels daaroor:

a) Wat is die Rippel Effek van die Heilige Gees se koms hier op aarde?

b) Hoekom word die Heilige Gees vergelyk met ‘n Dinamo?

 

WOORD

Gebed:

Open met gebed. (Gee almal ‘n geleentheid)

 

Lees: 

KERNTEKSE VIR VANDAG:

Hand 2:14 (83)

Toe staan Petrus … op en onder LEIDING van die Heilige Gees spreek hy die mense toe …

 

Hand 2:37,41 (83)

By die AANHOOR hiervan is die mense diep getref … Dié wat sy woorde AANGENEEM het, is gedoop, en omtrent drie duisend mense … is op daardie dag by … gevoeg. 

 

Hand 2:17 (83)

So sal dit in die laaste dae wees, sê God: Ek sal my Gees UITSTORT op alle mense … (hulle) sal as profete OPTREE … sal gesigte SIEN … sal drome DROOM. 

 

Gesels in julle Konneksiegroep oor die volgende:

Na die uitstorting van die Heilige Gees sien ons hoe die kerk begin te groei. Petrus staan net na die uitstorting van die Heilige Gees op en preek, 3000 mense kom tot bekering. Ons sien dat hierdie volgelinge later 5000 word en vandag is daar volgelinge van God regoor die aarde.

 

Die Rippel Effek van die Heilige Gees is dat elke volgeling van Christus gevul is met krag om te getuig. Niemand kan hierdie krag verslaan nie. Baie mense en regerings het probeer.

 

Lees weer Vandag se tekse en gesels daaroor:

  • Hoe help die Heilige Gees ons om die Evangelie te verkondig?
  • Waarmee help die Heilige Gees ons ook?

 

Worship –Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/

Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen was. 

 

WERKE en vrae:

Gebruik nou Nagmaal saam as Konneksiegroep:

Liefde vir God, Liefde vir Mense
As Konneksiegroep spandeer net so 5 minute voor julle verdaag in stilte en elke lid beantwoord vir homself/haarself die vrae hieronder. Skep ‘n rustige atmosfeer en laat toe dat die Here met elkeen afsonderlik praat. 

 

  1. Vra die Here om vir jou te wys waarmee Sy Heilige Gees jou kan help in hierdie nuwe week.
  2. Dank die Here vir Sy Heilige Gees wat aan ons elkeen gegee word?