Week 4: 30 Mei – 5 Junie 2021

Bjorn Uys

Handelinge 1:7-8 “Al wat julle hoef te weet, is dat God met sy groot krag in julle lewe sal werk wanneer die Heilige Gees na julle toe kom. Dan gaan julle oral oor My praat: hier in Jerusalem, maar ook in die hele Judea en Samaria. Ja, selfs tot aan die verste uithoeke van die wêreld.”

Welkom
● Verwelkom almal
● Gebruik ‘n toepaslike ysbreker – https://woordenlewe.com/ice-breakers/
Woord
1. Gebed: Open met gebed.
2. Lees:
JAKOBUS 1:23-25 “Julle sal saamstem: As jy altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is dit so goed of jy kyk na jou gesig in die SPIEËL sonder om iets aan jou voorkoms te doen. Jy bekyk jouself, gee pad, en vergeet wat jy gesien het. As jy jou egter verdiep in God se VOLMAAKTE wet – dié wet wat ’n mens vrymaak (JESUS) – en jy dóén wat die wet sê en jy
vergeet nie wat jy gehoor het nie, dan kan jy God se seën verwag op wat jy doen.
3. Kyk na die video deur Bjorn Uys
4. Gesels:
● Gesels oor die Heilige Gees se transformerende krag.
● Wat dink jy is die hoof rede hoekom ons getransformeer moet word deur die Heilige Gees?


Worship – Aanbidding – https://woordenlewe.com/connect-worship/
Maak tyd om vandag God te aanbid, gebruik die playlist wat op ons Woord en Lewe webwerf is onder Connect, of gebruik die aanbidding wat Sondag tydens die diens gedoen is.


Werke en vrae vir hierdie week
Wandel in die transformerende krag van die Heilige Gees en gaan na waar Hy jou wys om te gaan.