Rom 12:5 (NLV)
Al is ons BAIE, vorm ons SAAM een liggaam omdat ons aan Christus VERBIND is, en as ledemate van hierdie één liggaam hoort ons SAAM en het ons mekaar nodig.
Fil 2:4 (NLV)
Julle moenie net elkeen na sy eie BELANGE omsien nie, maar ook na mekaar se belange.
Kol 2:6
Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, WANDEL so in Hom.
- Dit is Veiliger
Gen 2:18
Ook het die Here God gesê: Dit is nie GOED dat die mens ALLEEN is nie.
Pred 4:10 (NLV)
As een mens VAL, kan sy vriend hom OPHELP. Maar as een val wat ALLEEN is, is daar niemand om hom op te HELP nie.
Pred 4:12 (NLV)
Iemand (Vyand) kan die een aanval, maar die twee kan WEERSTAND bied. ’n Driedubbele tou breek nie maklik nie.
- Gee en kry Ondersteuning
Pred 4:9 (DB)
Twee is BETER as een, want twee mense kan MEER regkry as net een.
Heb 13:1 (DB)
Julle moet in liefde LOJAAL bly teenoor mekaar soos broers (familie) dit doen.
Ef 4:16 (DB)
… So GROEI die liggaam en word dit STERK omdat die verskillende liggaamsdele in liefde en lojaliteit mekaar HELP.
Gal 6:10 (DB)
Terwyl ons die kans het, moet ons dus GOED DOEN aan alle mense, maar veral aan medegelowiges…
- Dit is wys
Spr 11:14 (NLV)
Sonder goeie LEIDING stort ’n volk in duie; dit is veilig (wys) om baie raadgewers te hê.
Spr 26:12 (NLV)
Daar is meer hoop vir ’n dwaas as vir iemand wat DINK hy is baie SLIM.
1 Kor 14:26,31
… Elke keer as julle BYMEKAAR, het elkeen gewoonlik ‘n BYDRAE om te lewer … sodat almal daaruit kan leer en almal BEMOEDIG kan word.