Die Here het my mooi gemaak – Deel 1

Die Here het my mooi gemaak - Deel 1

Feb 5, 2023
Book: 1 Samuel

Speaker: Gerhard Dalton

Die Here het my mooi gemaak – Pastoor Gerhard Dalton

5 Februarie 2023

Gen 1:27 (NLV)
God het die mens in ooreenstemming met Homself geskep; volgens sy eie beeld het God hulle geskep; manlik en vroulik het Hy hulle geskep.

1 Sam 16:7 (NLV)
Maar die Here sê vir Samuel: “Moenie volgens voorkoms of grootte of liggaamsbou oordeel nie, want Ek het hom nie gekies nie. Die Here neem nie besluite soos mense nie! Mense oordeel volgens uiterlike voorkoms, maar die Here kyk na die binnekant.”

Luk 19:2 (NLV)
En daar was iemand met die naam Saggeus; hy was ’n hooftollenaar en ’n ryk man.

Luk 19:3 (NLV)
Hy het sy bes probeer om te sien wie Jesus is, maar hy kon nie vanweë die skare en omdat hy kort was.

Luk 19:4 (NLV)
Hy het vooruit gehardloop om voor te kom en in ’n vyeboom geklim om Jesus te sien omdat Hy daar sou verbygaan.

Jak 1:21
Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red.

Luk 19:5 (NLV)
Toe Jesus by dié bepaalde plek kom, het Hy opgekyk in die boom en vir Saggeus gesê: “Saggeus, klim haastig af, want Ek moet nog vandag by jou tuisgaan.”

Luk 19:6 (NLV)
Saggeus het toe haastig afgeklim en Jesus opgewonde ontvang.

Efe 2:10 (NLV)
Want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.

Ps 139:14 (NLV)
Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. U werke is wonderbaar, ek weet dit alte goed.

Ps 149:3 (DB)
Hulle moet sy Naam prys deur te sing en te dans. Saam met pragtige musiek moet hulle Hom uit volle bors loof.